Sal jou hart ja se ?
Van die hand tot tand…
hooglopende woorde, vind paadtjies na
jou hart
vergevolgend…UBUNTU swierig dam.
Leeumoedig buig ek bene met n boksie
vol nuwe beginne
gegloorde goud; sal dit in jou smaak val?
want my sakke leeg op die glim –
gespandeer,
‘n groot getal.
Mooie dame, stap n lewe met my
waar rondgesange, rooiappels…jaag na
jou wange.
en bewimpelde papier jou sal verlei…
Mooiste beminde… met jou wil ek trou
Vuurwarme harte sal soos sielmaatjies
heeltemaal toevou.
rojaalig, sal God ons gevoelens bind
stroopsoet nes…heuningkoekpoedding…
Maar onthou, geen maanskyn en sterre
word gewaarborg in n troue –
hartseer stap nader…met potblou houe.
Wanhopigheid sal ons soutwater laat
drink,
maar God sal oorvloedige
blydskap
in seenbakkies bring.
my blompotmooi jy is die moeite werd
met toegewyde hart,
– trou met my –
en liefde sal ons binne in mekaar se
arms werp.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.