Vuisvoos
Vuisvoos
skakerende strale verlig die blindes se vuisvoosheid en
verdoem die voortvarendes tot ‘n dieper duisternis
onder verpletterende verwarring van ‘n onheilspellende onderwereld,
stry die mensdom teen asemnood, tot die dood berusting bring
hoe lank gaan die genadelose gemartel die kinders kwets,
of verligting verlangsaam in ‘n skyn van glansende glorie,
onder die edel elemente van die kritiek van die kerk en die
witgepleisterde grafte van gemors ?
tot lank nog ; tot in ewigheid ; tot die perde horings kry ;
tot wanneer die vlugvloue voels die weerwolwe met hul
tande verskeur en die aarde bemes met hul beendere
tot die berge bewe en uit hul vaste vestings val
en in die bloedbevlekte soutsee instort…
tot die Here kom my ou… !!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek