Soos drome inpas
soos drome wil ek by jou inpas
in die helfte van jou lag wil ek jou beleef
deur jou drome wil ek hardloop in die nag
soos wol inmekaar geweef in gedagtes
soos drome inpas in die nag
sal ek en jy nooit verkas
wil ek eendag in die hemel vir jou wag
waar ek en jy saam sal inpas
drome laat my goed voel
in liefde word ons weg gevoer
deur silwer randjies op wolkies vry
waar ons reendruppels op ons kry
vergete is al die sorge
hemelblou is die lug
betowerend in sovele morge
waar liefde stormagtig ruk
soet is die omhelsing
diep is die gedagtes
waar drome verby beweeg
ek en jy droom steeds alleen
Sept 2019
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.