Jongste aktiwiteit:

Tyd se woeste wysers

As die wêreld kom
en hy tol my op
tyd se woeste wysers rond
vasgevang in die dag
jaag my denke snags rond
verlore in mallemeule dag

wie sal my help
wie sal meevoel
wie sal tyd se wysers vashou

die son het gesak
nag gooi haar kleed oor my
en sterre knipoog glimlaggend
met ‘n sug en ‘n wens
lê ek my kop versigtig neer
op hoop se sagte kussing

wie sal my help
wie sal meevoel
wie sal tyd se wysers vashou

as die wêreld kom
en hy tol my op
tyd se woeste wysers rond
sal ek kan afklim
my eie tyd saam my neem
sal ek soete vreugdes proe.

©Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed