Jongste aktiwiteit:

klein-seer hartseer

wanneer suid-ooster waai
en die son oor my duin verskraal
krimp my hart inmekaar van seer
al is daar geen pyn of leed
geluid laat my assosieer

elke bos jeugdige hare
waai skeef en krom so ysig
laat gesiggie opkrimp in ‘n plooi
blosend sonder enige skaam
verlang jy na warm kooi

wanneer jammer wees
jou oë laat nat word in trane
asemteue angstig en ongereeld
begin jy ook hoop verloor
vries hart in ysige beeld

om weer te ontdooi
moet sonstrale deurdringend skyn
sodat dit reik tot in jou hart en siel
jou lewe weer laat ontwaak
lewe gee aan lewens wiel

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed