Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tyd se woeste wysers

Deur Taai
Datum gepubliseer: 26 Julie 2020 Aantal woorde: 117 257 Kere gelees 7

As die wêreld kom
en hy tol my op
tyd se woeste wysers rond
vasgevang in die dag
jaag my denke snags rond
verlore in mallemeule dag

wie sal my help
wie sal meevoel
wie sal tyd se wysers vashou

die son het gesak
nag gooi haar kleed oor my
en sterre knipoog glimlaggend
met ‘n sug en ‘n wens
lê ek my kop versigtig neer
op hoop se sagte kussing

wie sal my help
wie sal meevoel
wie sal tyd se wysers vashou

as die wêreld kom
en hy tol my op
tyd se woeste wysers rond
sal ek kan afklim
my eie tyd saam my neem
sal ek soete vreugdes proe.

©Taai Bonthuys




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 48
Kommentaar telling: 6

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 214 gaste aanlyn

Bydraes – Argief