Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed
ken jy die kronkel roete na my hart
wasem die soet van jou asem oor
die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat
blom begeerte roospienk
soos perskebloeisels in jou kyk
smelt ysriviere tot smeulende lawavure
waarvoor tot die gerubs wyk
in tsunami vloed jou hartstog
oor die sagte oewers van jou mond
klank jou stem in broosheid ‘n ewige simfonie
van ons liefdesverbond
in die knusheid van jou
heelmens-liefde brand wegholvure
met ‘n onblusbare gloed
oester jy elke oomblik in goue ure
kosbaar – tot ‘n glansend perel
waar jy in Simson’s heuningstroop
ons liefde dikpens voed
van inhibisies gestroop
© Anzé Bezuidenhout
9 Kommentare
-
-

neels
Anze ek is een van jou grootste aanhangers en lees al jou werke. Hierdie werk is een van jou bestes ooit en die foto dra by tot die prag van hierdie werk
-

Viooltjie
Baie goed gedoen Anze. Warmromanties. Goeie werk :-)
-

Arnold
Liefde blom in 'n gloed ware omgee.
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou veral van die teenstelling hier: "smelt ysriviere tot smeulende lawavure"
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Romantiespuik!!!