Wees stil (Silwer)
Wees stil …
nie omdat jy moet nie
maar omdat jy wil
want daarin lê die verskil.
Wees stil …
sodat jy kan luister
na die roepstem
van die natuur se liefdesfluister.
Wees stil …
sodat jy sielsvrede kan vind
en onrus nie verder
jou oë verblind.
Wees stil
vir jou eie beswil
om vry te kom
van opstand en eie wil.
Want hoé kan jy dan waarheid hoor
as jy ingestel is op die wêreld se lawaai?
Dit wat heeltyd jou binneklank verstoor,
jou sin vir werklikheid laat verloor?
Wees stil …
te veel binnelawaai
is teelaarde
waar die vyand koning kraai.
Wees dus stil,
sodat jy fyn kan instel
op die waarheid
en dít wat werklik tel.
Hou vas
in moeilike tye
sodat jy as oorwinnaar
uit die stryd kan tree.
Staan terug,
draai summier jou rug
op dit wat verhoed
dat jy na waarheid kan soek.
Maar eerstens, word net stil.
want in stilword lê die krag van heelword
die heling van siel en gees
vrymaking van die vlees.
Wees stil
kosbare mens …
Wees net stil . . .
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek