Die uitskiet van die Knakstert groep se mannetjies
Daar was baie groot troppe leeus in die Chobe en hulle was min of meer gebieds gebonde. Tussen hulle sou nomade wegkruip en hulle sou ook nie brul of laat weet waar hulle loop nie. By Rooigrond was n trop wat nog groter as die trop was en die troppe van die Swerf vlakte het […]
John Gleeson bly aan en n bekende bankier kom jag uit ons land
Ons het baie min Suid Afrikaners gekry om te jag, in die aantal jare wat ek in Botswana was was dit net n paar. Ek het die man gevra of ek sy naam mag noem maar hy wou nie en sal hom dus Piet noem. Hy was n hele paar jaar voor my in dieselfde […]
Die gesoek na Piet se honderd ponder en so n paar draaie
Ek het gewoonlik elke aand met my dagboek gaan sit en beplanning gedoen. Dit was by die kantoor kompleks waar die radio en satalietfone was en Jeannie of Maria het daarin geskryf wat of die staat of Selby wou gehad het of enige ander probleem. Baie dae was ek weg en het Bruce ook kom […]
Ngamiland
Dit was wat die gedeelte tussen die Delta, die Kavango rivier en die grens van Namibie wat toe nog Suid Wes Afrika was, genoem was. Ek was al op n vlugtige besoek aan die gedeelte maar omdat dit nie deur die staat gediens was nie en ons maar baie min daar gejag het, het ek […]
In die rigting van Panda Matenga. (Deel 2)
Op die kaarte van Botswana word die plek aan mekaar gespel maar die inwoners spel hom soos ek, net soos hulle van die Lynyati praat sonder die “n”. Daar was n pad vanaf Francistown na Panda en Livingstone het hier langs getrek en dit was die beste pad na die Valle toe. Volgens my kaart […]
Ek ry so bietjie na die suide en op Livingstone se roete.( Deel 1)
Die werklas het so bietjie gedruk en ek wou net so dag of wat wegbreek en my gebied waaroor ek gevlieg het beter leer ken. Ek het baie uit die lug gesien en baie plekke en diere waarvan ek nie bewus was nie en watergate want die gebied was nie gekarteer soos dit moes wees […]
Ek besoek die Delta baie vinnig
Selby het op die radio geroep en my mee gedeel dat die ou boesman leier in sy slaap oorlede is en ek en Jeannie het besluit om die begrafnis te gaan bywoon en ek het vir John Gleeson en sy geselskap saam genooi. Ek het nie veel kennis van hulle begrafnisse gehad nie want dit […]
Ons slaap in Maun en ek wou Kubu eiland besoek maar die reën hou ons weg
Ek het baie by Riley’s geslaap want my voertuig kon agter in die agterplaas staan buite bereik van mense. Ek het met die regerings stasiewa gery en hy was welkom by alle vulstasies en hotelle en mense wat maar wou goed doen aan die staat. Ek onthou vandag nog Riley’s se telefoon nommer, 660320 en […]
Die water sak en ek gaan jag so bietjie
Die sand wereld van Botswana het die waters opgeslurp en dit het my drie dae by Nyati vasgehou wat vir my baie sieldodend was. Jeannie kon my irritasie later nie meer verduur nie en John Gleeson moes eers weer gif in sy are kry, my boesmans was lanklaas in die veld en daar was n […]
Jakkie se probleem olifant sonder beskikbare jagters
Jakkie was die goedheid self, komende van Namakwaland en n lang maer man wat n wonderlike natuurlike skut was. Hy was n top valskerm offisier en het n baie droe humorsin gehad, maar hy was n baie verantwoordelike man en het gelei met sy optrede. Hy het altyd gespot met sy gebrekkige kennis van die […]