geskenk uit die nag
die nag se belofte
het deurgetrek tot dagbreek
weer het my oë oopgegaan in lig
dankbaarheid laat my bewoë
ek en my huis:
ons sal die Here dien
daarom is daar nog hoop
al was die dien nie altyd diens
Sy werk deur ons is nognie klaar
daarom hoor ek steeds golwe dreun
hoor ek steeds kinderstemme en die reën
voel ek nog die koue aan my lyf trek
waar knieë kraak en ligamente klap
gedagtes sommer in die middel
begin vervaag –
ander dimensies besoek
waar almal om my nie is nie
selfs daar vind ek Hom in Sy helder Lig
daar waar ek nederig voor Hom lê
ten volle afhanklik oorgegee
aan Sy wil en kragtige roep
ja daar hoor ek Sy stem
wat luid roep:
kom na My, sondaar
kom rus –
My skadu sal jou bedek
jy sal nie meer smart en pyn
of ewige ambisie hoef te veg
hier sal Ek jou rus gee
en jy sal My altyd
sien en loof
©Teárlach.