Jongste aktiwiteit:

Grys ou Sprokie

Diep, diep in die hart van die aarde
is ‘n siel gebore
nie van klei of bloed,
maar van lig en liefde.
Nog nooit het enige swerfling
so ‘n mooi aanskou
en soos die siel groter word
het die son gemerk,
dat sy maat ontbreek.
Liefderik het die son
tussen duisend sterre
Liefde en Skoonheid verweef
en met musiek verbind.
Die mense van die aarde
het elke dag in verwondering gestaan
oor die mooi van Siel en Musiek
wat speel in die diep hart van die aarde
en huppel tussen die stêrre.
Heimlik het hul geweet
Musiek en Siel was bedoel vir mekaar,
maar in die donker skadus agter die maan,
het ‘n bose fee reeds ‘n plan beraam.
Een aand met donkermaan
glip sy ongemerk by die maan verby
in haar slangelyf seil
sy tot diep-diep in die aarde.
Vir baie dae vermom sy haarself,
terwyl sy in Siel se hart ‘n nes uitdelf.

Toe die tyd aanbreek,
dat die aarde en die hemel
hul beloftes moet gestand,
styg ‘n donker wolk uit die dieptes op.
Die bose fee se hekse lag maak almal stom:
Julle het my verloon, ontvang die loon.
Met die swaai van ‘n towerstaf,
oordek sy die heelal se mooi
met dowwe verkreukelde mensevlees,
sodat geen swerfling weer
die lig en liefde van die siel sal sien;
sy kroon Skoonheid met twyfel
en dek haar met die kleed van seer
om tussen mense te leef.
Maar steeds is sy nie klaar,
want nooit mag die twee hul liefde
teenoor mekaar verklaar
eer dan die mense haar hart van klip
sal herken en haar verban
uit haat vir haar afgryslike daad.
Daarom vind sy ‘n donker Ierse klipkasteel
en agter grendels van alleen
versteek sy die mooiste siel
in die hoop dat die siel sal vergeet
van die son se geskenk aan hom.

Maar die son stuur die wind met ‘n boodskap
na die see om die spore in die duine oop te vee;
en die walvisse bring die boodskap
tot aan die wal van ‘n Desember yskristal
waarin die siel die refleksie sien van ‘n maatjiesiel.
Meteens verdwyn duisende myle;
droog oseane op;
blink die maan ekstra mooi;
verstrengel gedagtes soos tasbare vingers in mekaar
en blom twee siele in ‘n ruim
waar die boosheid hul nooit weer sal skei.
Dis die ewige ou ou grys sprokie
geskryf vir jou en my
op ‘n warm somerdag in Desember maand,
toe die yskristalle aan jou ruite kom hang.
© CJ Laing 26/12/2018
© Foto: istockphoto.com




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak