De Hoop
Die vrou loop in die skemer sy loop haar eie pas met afdraande paadjies deur enkelhoogte gras. Tot waar sawens se son – klatergoud – oor water gly eer dit wegsink in koper newels ‘wyl bloot net skadu’s om haar vly . . . Sy wis die spieëlgladde blink sal aanstons verdwyn na die donker, […]
Ons skuld is vereffen
Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap ’n doringkroon is op Sy hoof neergesit sodat omstanders daaruit genot kon put Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis tussen twee sondaars aan die wêreld gewys met spykers deur hande en voete geslaan stort Maria Magdalena die soveelste traan Met […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 10
Ek weet nie of dit die glimlag of haar warmte is toe sy my styf teen haar vasdruk toe sy groet nie maar toe los my kop my heeltemal. “Cindy wat is fout ons raak verloof hierdie naweek. Ek kom tel jou netnou op en dan gaan soek ons n ring”, gee ek die eerste […]
Hartseer illusie
Moeë maanligstraal het jou pad flou belig, teen jou fluweel vel, rein soos porselein, dit terugweerkaats in jou stram gesig. Kalmte het sagkens- veerlig neergedaal, soos son en waters mekaar soengroet, is jou hartseer illusie eensklaps weggeraap. In verbale vry-vlae van wind weggedra soos winter-asem wat in mis verdwyn, in snikhete stil-hitte – van dorre […]
Tafelberg
Waar Koning-proteas wiegend lag hou wolke sagkens oor jou wag daar waar dassies soet-slaap aan die vêrpunt van die Kaap Dis die ou-ou Tafelberg wat seeman staan terg trots waghou oor die see as die mis jou blad natvee As bote en frigatte om jou vaar troon jy grotesk, majestieus daar goue baken vir elke […]
Gee my ‘n land
Heinings impuls skokgolwe roldrade lemmetjiekerf duiwelsvurk pronk op elk’ tweede erf AfstandbeheerDE elektroniese hek batterye gee gees mens word stapelgek Antwoord die deur ’n traliehek keer dubbeldraai sleutel probeer maar weer Waar is die gelag en speel in die nag so sorgeloos vry net die bure en jy Ag dis ’n helse ding wat staalblomme […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 9
Na n week word Gert uit die hospitaal ontslaan en word ons almal uitgenooi om n naweek op die plaas saam met hulle te kom deurbring met sy afskeidswoorde: “Mense ek kry n tweede kans en wil regmaak wat ek verbrou het. Ek wil julle almal op die plaas hê vir n naweek en veral […]
Affodilreën
Terwyl somerreëns val talm digter by venster stomstarend na storm wat uitwoed daarbuite loeiende wind warrel donder dof-dreigend soos bliksems luid speel as hul klimtol oor rante Digter aanskou soveel meer as donderstorm daarbuite hy gewaar – miljoene blomme wat binnekort beur-deurbreek uit Skepper-deurdrenkte grond om aarde te vul met kleure-geur vir die digter reën […]
Kersvlam woorde
Wanneer kersvlam krul-kromtrek flikkerbeelde kruip- nadersluip op riffels van klipmuur kom dans word tere trane van vele vreugde wat vrylik rondomtalie ontsnap in snikkende stortreën uitgetap Vloeiend word hul verswelg deur ru-vesel in vel papier wanneer hartseer van gister vandag – drome inhibeer soos sy staar na die lawe- lig fluisterend sy woorde repeteer
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]