GEKRAAKTE MODDER PLASSE
Gedagtes lê verdroog in die gekraakte modder plasse van menswees woordeboeke omhels in die terugkyk van die son se wegdraf oor die Kalahari se oop vlaktes na sy slaapplek op die horison Ek vou jou laaste afskeidsbrief onder kerslig oop woel nog ‘n gloei stomp tot vlam in die gekraakte kaggel en verdwaal in die […]
Een se dood
Met jou horisontaal glad, pienkstreeplyf wydsper gapende bek beur jy onverpoosd voort skubbe lank reeds vodde soos jy swem vir ‘n plek Stroom-op bly spartel met jou einde in sig waar water nie meer kartel jy wyfie-eiers moet bevrug witpens nou hemelwaarts dis water onder die brug Maar op die oewer oorkant – kreun meneer […]
Bitterboet skatte
Soos stofdele tornadodraai aan die Skedelkus se punt Is dit dodelike skerpioen wat tussen spierwit beend’re sy lewensmaat loop vind Geroesde kantel skeepswrak halfmas begrawe in sand verberg sy bitterboet skatte deur erosie van die jare heen wreed aan sy wande verpand Kraai en aasvoël sirkel daarbo met pupille starend verbaas asof hul niks hiervan […]
Billike wens
Ruisende gebruis, van borrelmassa water, wat vloeiend kronkel, laat haar stilraak, versteen, Hoog- bo nooi geelvink sy wyfie, om nes weer te inspekteer, met koppie skeef, tenger lyfie, beduie sy hom – probeer maar weer. Eenkant op ’n spieëlglad rots, slaan koggelmander alles gade, as hooggeagte- natuur se trots, blou koppie omhoog, vol bravade. Elkeen […]
Laat nag wasem asems
So boos soos ‘n nag kan wees met drank ongenaakbaar en onbeheers my hart klop saam Jakaranda se top 10 laatnag treffers wat in die agtergrond af speel ek voel jou ritmes hier langs my en my oë net soos my hande kan jou nie weier nie die nag volg ons verby straatligte en flikkerende […]
Vanuit die wolke
Hier bo is alles anders Ek wens ek kon dit bêre vir jou Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes en vir altyd dit so onthou Hier bo is alles georganiseer en alles lyk so klein Groen lappe tussen die bruin en haarlyn padjies wat alles skei Hier bo lyk dit so aanloklik […]
Jou geskenk …
ek het baie lank gedink oor die geskenk wat ek vir jou wil kry soos ‘n toffie het ek daaraan gekou want dit moet langdurig jou hart verbly ek het oor rooi papier en hartjies oraloor gedink en kersligetes en ‘n poeding en sjampanje wat in glase blink maar toe neem ek ‘n besluit glad […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 7
Ek dink ek het te seer gehad om op te let waarheen is Cindy werklik met my oppad en toe ek weer sien stop sy voor ma Aletta se huis. Sy wip uit die Land-Rover uit en hardloop om na die linkerkant toe om my uit te help. Ek probeer nog maar dit is te […]
Minnelied in die berg
In ’n koel-lawend bergpoel hoog teen die berg se hang rangskik ek goue liefdeskrale in lowergroen mos vasgevang groot-oog waterskilpad loer uit verweerde skuit as palmtak se minnelied ons na vêr droom verskiet Meganies retireer deur magies-waterval sproeireën waar hand, hart, honger lippe mekaar vleg-strengelvind skoenlapper in Skepperkleure meesterlik uniek gekwas fladder-vlieg, flikflooi speels met […]
Eie Afgrond
Soos strome klots oor klippe van vinnig-vloeieind’ rivier kronkelend deur klowe in malende massa oor waterval rant stort om as skuimend’ maalkolk onder weer dowwer word Rustig verder voortvloei tussen geilgroen oewerbank selfgevormd’ weg vind tot by die oopbek wag van massiewe oseaan So ons lewenswandel oor rowwe rotse ploeter wat skerp oor weë wag […]