Goue Genade geluide
Heimwee van verre verlange sing weemoedslied in duet om hoeke, op wieke van wind fluit sag met harsteer geblaas deur stegies, strate en gange Vreugde- dans volmaak inpas huppel – lag uitbundig te hard rondomtalie kaalvoet – nat as Liewe Jesus reëndruppels op rooi plaaspad spattend plas Dankbaarheid vyfgang- trippel in reguit horisontaal sonstreep want […]
DIE LEWE
Jaag-jaag saggies slaan die muurklok twaalf wanneer die môreson skelm oor die heuwel loer en die koue vingers van die nag statig sy vertoning uitsmelt op die stil verhoog Voortploeg – voortploeg tussendeur die lewensonkruid wat geniepsig dreig om elke groenkol in my brein deur te vleg met dorings en met pyn en die werklikheid […]
Hart se plafon
Traandruppel biggel beloftes stalagtiet teen hart se plafon druppend val hulle stukkend gehalte kristalle sou mos kon stewig anker in suiwer kokon
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
Bitterbessie beloftes
Bitterbessie grys beloftes in ’n laning in ’n ry word gepluk, gestroop onge-orden gestapel op vuurwa van hoop Onnet – onbeplan in grys sakke verseël om aan oorversadig emosievolle mark wild en wakker voetstoots uit te deel Sou jy dan besluit om dit spotgoedkoop in ontvangs te neem weet maar vir ‘n feit jou totale […]
Bekoring
Ek sien en ontleed die boodskap in jou oog sonder enkel klank wat oor lippe breek voel hitte uitstraling van jou bors en buik lank voordat jou vingers strelend my wange stryk hoor die ritmiese klop van jou hart in my oor dis net hier waar ek tred met die samelewing verloor
As somers winter braak
Hoe griffel jy as mens – silwersoet herinnering, as die vlymskerp dolk, jou hartmuur binnedring. Hoe vrysweef jy soos arend – op wasem van wonderwolk, as jou drome weer verbrokkel, soos jy liefde krom vertolk. Hoe loop jy die laaste myl – as horisonne swart ontwaak, oor verspilde kleurlentes, wat in die somer winter braak. […]
EK… NET MENS
my menskor kraak en tuimel soos die toring van babel inmekaar en elke gedagte kry sy eie taal
Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)
Die wit mis baar ‘n denneboom uit newels oor die herfs wynland donker stam met swartgroen kroon pryk beeldend aan die berg se kant. In die woonbuurt hou die boerboel wag agter ysterhek en pleistermuur en wuif vlinderblomme silwersag voor die ou stoep om die huis. Die afdak spreek victoriaans met ‘n kantpatroon in […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]