Brief aan my kroos
Wanneer die kersvlam flikkerend verflou sal jul o sal jul my dierbare kroos die omgee en liefde van jul mamma onthou Soos donderweer dreun weet ek was ook bang maar dis net Liewe Jesus wat Sy reëndruppels vang so wees dan nooit bevrees kyk ek sal in die wolke wees As jul voor ‘n kruispad […]
KAKIEBOS VERLANGE
Krul die vingers van ‘n vergete dag gebroke oor die randjie van my hart vlam die reuk van kakiebosse gestrand in los Karoo sande in die grasveld van my hart weer op. Eggo die weerga van die donderweer oor die leë vlaktes waar die soet reën wegkruip leen die wit melktand wolkies my plas druppels […]
WEESKIND VAN EUROPA
Ek sit vanoggend so ingedagte en kyk na buite waar dit REëN in die Vrystaat! Ek ken mos nie die Vrystaatse weer nie. Ek is ingevoer van die Oos-Kaap af waar dit reën as daar wolke is. Nie soos hier in die Vrystaat waar jy net opgewonde raak en dan “poof” skyn die son weer […]
Jou fotokopie
Ek maak van jou ’n fotokopie so is jy vir my sielsterapie, Sou ek ’n gedig skryf net vir jou ons toevou in woorde, sou jy onthou? As ek vir jou sê, jy is my adjektief jy beskryf my ek is vir jou lief; Jy is die bloemlesing van my totaal die staccatonoot waarin ek […]
Bru-taal
Geboei is ek hulpeloos met die vat wat jy vat hier binne die beknopte gange van my hart waar verborge goeters gegriffel staan teen die muur wande van ñ plek waar die duisternis se skadu’s soms die enigste weg bied na die ingang van my hart jy gaan selfs verder as dit skeur deur na […]
ALLETTE BOONZAAIER HOOFSTUK 5
Maandag oggend toe ek die kantoor instap is ma Aletta weer pure juffrou Boonzaaier, netjiese donkerblou kantoor pakkie en die hare in n bolla agter die kop.tog is dit vir my of sy n ander uitdrukking in haar grys oë het en groet sy my dadelik: “More Melt gaan dit goed? “. Vir n oomblik […]
Ek skryf (weer) vir jou (2) …
wanneer die vroegaand skemer oor die Sondag kom hang dis die tyd wanneer ek altyd die meeste na jou verlang dit was die tyd wanneer ons stil net saam sou wees as jy lê met toe oë en ek gedigte vir jou lees en as die donker dan die skemer oorval sou ek jou sagkens […]
Seetoneel
Stil seemeeue swiep skeef oor boeg van vissersboot soos soutbelaai sproei kleef aan maste reeds erg verweer Drie Dolfyne hoepeldans op ritmiese riffelgolwe terwyl ou oom anemoon als stom staan gadeslaan Tjokka en sardientjiegeur vul die dek se atmosfeer Skipper se bytels glinster blink in goudstof van die oggendson So sal die skip steeds skoppelmaai […]
PLOEGLAND
Ek draf asemloos agter die lewens ploegland trekker aan terwyl hy drywerloos deur my hart se onkruid kluite jaag en lêplek vir jou groenvoer sade in my hart kom maak. Ek verdwaal in die vlinder vingers van die son se terugkyk kinders en trek die sluise na my hart se ploegland oop; bruin-goud water borsvoed […]
‘N BLIKKIE STERRE
Gee vir my ‘n bakhand vol silver maanlig strale gepluk uit die nag se vosperd maanhaar verby galoppie geroskam deur die nag se wolke en ek maak vir jou ‘n houvas blikkie sterre omvleg met silver strale totdat die son se wolwe kom skoor soek en verlede nag se blikkie sterre herkou uitgespuug word en […]