WEES BEWUS.
Wees bewus. Ons het vandag vyf kilometer gaan stap in die hoop dat ons mense bewus sal maak van die Swart-hond en angs en soveel ander gemoed-aftakelaars wat baie mense se geestesgesondheid bedreig. Ek wens dat dit nooit ons lewens betree het nie. Vir ons is dit ons persoonlike Via Dolorosa ter ere van en […]
Drome
Rokkies wil sy dra want sy wil nes ‘n feëprinses lyk. Soos ‘n regte Cinderella met haar mooi blou bal rok wat glinster in die maanlig wanneer die sterre vir haar wink wil sy saam met haar prins dans. Ja, sy wil ‘n prinsessie wees, nes een van daai Disneyprinsessies wat haar prins gaan vang […]
Deur God geverf!
Oktobermaand se kenmerkende kleure is oral in my tuin. Die kleur van kappertjies. Van Pampoen tot piesang. Die kleur van Malvas. Van kersie tot waatlemoen. Die kleur van Christus-doring en Laventel. Van bloed tot purper. Met die somer wat op pad is, wil ek sommer die riel dans, in afwagting. Of die Can-can, maar o […]
SKOENE VAN GRANATE
Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]
Skarlakenkoors (Brons)
Party mense se probleme ontwikkel oor tyd. Ander mense word gebore met hul probleme. Lien is gebore met haar verdriet. Asof die vurige boskasie op haar kop nie erg genoeg was nie, kon Lien dit nie naby die son waag net. Jy kon letterlik vir haar staan en kyk hoe die sproete op haar uitslaan, […]
Begraafplaas ruiter
Onder die mistige sekelmaan huil die ruiter op sy swart perd bedroeflik. Waar hy langs die graf alleen kniel kriewel iets onheilspellend teen sy ruggraat af. Hy vee sy trane met die agterkant van sy hand af en loer rond. Dis donkernag. Pik donker, maar ‘n beweging in die hoek van die begraafplaas laat sy […]
Parmantige Haan
Douvoordag kraai die haan saam met die son. Hy raas die hele werf wakker waar hy nog gaap-gaap onder die ou sinkdak skrop. Die voëltjies in die bome kwetter. Hy loer hulle deur ‘n poepoog en kraai nog ‘n keer. “Stilte, man, kan julle nie sien ‘n man is moeg nie,” kla hy. “Jy wil […]
Vriende of meer
Larika druk die bel knoppie en wip op die bed neer. Sy giggel toe die foon aan die anderkant lui. Sy spring van die bed af toe sy diep stem in haar oor opklink. “Haai, Marnus.” “Haai, Larika. Ek wou jou nou net bel. Is jy nie lus vir ‘n koffie iewers nie?” Neem hy […]
Verlore tyd
Verlore tyd Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir […]
Het drome ‘n vervaldatum? Deur Lynelle Clark
“Ma, Pa… ek het fantastiese nuus!” Nellie het deur die tuin gehardloop tot waar haar ouers onder die koelte boom gesit het. “Waaroor is die bohaai?” “Pappa, ek is in!” het sy gegil van vreugde. “In by wat?” Haar pa se kenmerkende frons afgeëts tussen donker groen oë. Oë sprekend van haar eie groen poele. […]