Naka-Kuru ― Die Vier wat Kyk (’n Kosmologiese mite oor die Suiderkruis, van die Boesmans in die Kalahari)
Lank, lank gelede, toe die wêreld nog jonk was en die sand van die Kalahari nog nie die voetspore van die mense geken het nie, het die nagte nie altyd donker gevoel nie. Hoog bo aan die die hemel het vier helder sterre soos ’n heilige teken gebrand. Daardie sterre is die Suiderkruis. Dit was […]
Petrichor geliefde, gehate reuk van reën – (Silwer)
Die wolke toon belofte. Ek maak my oë toe en asem die reuk van hemel op aarde behaaglik in. Dit kom nestel in alle holtes, verslawend, die reuk van reën. Die geplof van die eerste druppels op die omgeploegde land polka in my hart. Dit voer my terug na my finale jaar op universiteit… “Bokka, […]
Die Losieshuis
“Antie Bets van die losieshuis”, is wat almal in die dorp haar genoem het. Die mense het haar so in haar middel veertigs geskat, want die bolla op haar kop het al hier en daar grys lyne gewys. Sy het saggeaard voorgekom, maar jy sou gou agterkom sy is nie jou speelmaatjie nie! Sy is […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT -’n Verhaal oor die woorde wat nie geskryf kan word nie –
Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]
“DIE AARDE HET GELUISTER – DIE MAANVROU HET HAAR TRANE GEGEE.”
In die Kalahari, waar die wind stories oor die duine fluister en die sterre soos skitterende vuurvliegies aan die pikswart fluweel-karos van die naghemel hang, sit Pieter langs sy ou Boesmanvriend, Buks Appelblaar. Buks se gesig blink soos gelooide leer in die maanlig, en die vlamme van die vuur dans in sy oë. “Hoor jy […]
Juandre
Juandre (Brons) 1330 woorde Juandre pak die laaste paar stukkies van sy aardse besittings in ‘n tas wat hy by die kinderhuis gekry het. Ook die toksak het hy by die kinderhuis gekry. Dan plaas hy al sy bagasie op sy bed voor hy al die kantoorpersoneel wat hy die afgelope ses jaar baie goed […]
Murmerasie
Murmerasie Oor Rooisand het die stilte een Woensdag soos ’n donderstorm neergedaal. Niks van die sagte, bekende stilte van ’n Sondag na kerk nie, maar ’n oorverdowende, onnatuurlike leegte wat die lug verswelg! Die kerkklok, altyd ’n baken van orde, het verstom bly hang, sy tong gestol. Die trein het verbygedreun, maar sonder ’n fluit. […]
Brief vir Antie Stienie (Liegstorie)
Liewe Stienie Ai Stienie, ek weet dis vir jou eie beswil vir jou om by Leanatjie te bly, maar ek mis jou vreeslik. Ek hoop jou heuppotjie is gou weer sterk dat jy kan terugkom huistoe. Elke oggend as ek uitgaan sien my gedagtes jou daarop die stoep, sigaretjie in die hand. Ek waai maar […]
Orde-Dans uit die As van Chaos
Pieter sit langs Buks Appelblaar se vuurtjie in afwagting van hom om een van sy nuutste stories aan te hoor. Buks en drie van sy vriende het so pas teruggekeer ná drie dae se jag tussen die duine van die Kalahariwoestyn. Skielik kom daar ’n geweldige wind oor die duine aangerol en swiep die kole […]
In die land van Linkshandigheid, is Leonardo Koning
Kan ons die man verstaan wat die heelal probeer verstaan het? Wie se gedagtegang die tegnologie met honderde jare vooruit was? Leonardo se spieëlskrif tydens die Renaissance: Ek eet nie diere nie, ek bestudeer hulle: ‘elluh reebutsed ke, ein ereib ein tee kE’. Boekkennis is tydelik, maar ewigheidservaring spruit uit waarneming, eksperimentering, kyk en luister. […]