Omstandighede so omgedraai
Pasop vir die sagte stok wat deur die aarde slaan gepluk uit die boom se mik wat sommer so uit instink pik Van soetkoek en room ‘n aap is dan so dom skud jy hul kern verstik jy in lag Die vlakte se diepte die groot verlange met die stil gange maar dit tel niks […]
Somerliefde .
Sieltroostend die swye Oor voetpaadjies getalm Met deernis gevier. Eindeloos verbind Rustig en kalm, Loom In die rus van jou hier. Ewigheid in Fanaties verlief Die twee van ons En somer se liefdesmotief. (AKRONIEM) © Carla Visser 28.11.2017
Saligheid van hoop
In die sug van die wind fluister reënboë van geluk aan geheimenisse verbind In die sug van die wind waar die son vrede vind kom die wolke laag rangskik In die sug van die wind fluister reënboë van geluk (TRIOLET) © Carla Visser 28.11.2017
Skrywers waansin
Potloodskaafsels op my skryfblok ontbind in semi skakerings van grys waar ek die woorde nie vind Bladsye beletter met bloed, sweet en trane skrywe wat nie tap uit ‘n siel se droë krane Inkpot smeersels aloor polse, rou geknaag die taal so treusel dat die geskrif my uitlag © Carla Visser 27.11.2017
Sonderlike skepseltjies
I Jou mense-mond Wat skaterlag Jou oë sag Kyk jy vir my ‘n oomblik vry Van wieg en swaai Van gillende lawaai My hart en siel Gesink Hoekom moet jy Ander dae in jouself Verdrink II Kumbaja, my Liewe kind Die wêreld is blind Sonder stem Vingers vasgeklem Voete wat rem Elke klank ‘n Snyende […]
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Die mens en sy grense
Oop lê die lewe se vlaktes van elke mens en al wat ons moet doen is om vorentoe te tree met genade ransoen en om vreedsaam te versoen Die keuse tog so eenvoudig word gelaai met swaar en plig wat ons self opsaal en dan wil sug oor die vrag op ons rug vasgesluit met […]
Heilige teenwoordigheid
U saffraan oor my in lilakleur wat U heerlikheid en heiligheid se teenwoordigheid proklameer
Tolbossie
Ek tolbossie oor die sand ongeankerd My spore toegewaai My roete onbespeurd Trippel stippels die enigste aanduiding dat iets hierlangs beweeg het iewers heen
Ontslape oorblyfsel (Vonkelnuutvry)
Na jou het kil koue soos vloedreën in my hart opgedam. In die leemte daarbinne het woedevlae waansinnig soos pokke opgevlam. Spyt het my vuurspuwend met die stiegriem gemoer wyl wraak my vermaaklik deur sluwe oë beloer Tussendeur die gille van ‘n gebroke inner-ek en ‘n verkulde beterwete wat my met blaam bevlek, het ek […]