Capucine se laaste tree
Motors flits soos dominoes vallend deur die nag, voetgangers haastig elk na ʼn eie lot oppad. . Agt verdiepings op staar sy af deur ʼn misvlaag – die uitsig asemrowend soos ligte van Lausanne die aandsfeer aanraak Die lug voel dun en kil vanaand – haar asem koud met elke teug soos die winterbries haar […]
Jou fabels
Heuning om haar mond gesmeer hart en siel en lus versteur Haar omgee net kom koggel jou kontorsie te kom roggel Onvergenoegtheid mergel nou kierang haar net soos jy wou © Carla Visser 27.11.2017
Vloed
Silwer blitse dans vanaand Op die afgrond van my krans Waar skadus in die ou jy skuil geraamtes in my hart kom huil Swygend, leeg, my noodkreet As ek verwronge-siel moet heed My onderskraging steeds riskant ‘wyl jou leuens in my nog brand Bliksemstrale gesel vlees In die gange van my wees Gisterswoorde ewig vervals […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Seeskulp
Seeskulp Jy skulpklap my toe fluisterend neuriesag ares skoorvoetend gesaghebbend verklaar pérel omkelk sintuiglik verblind sypelende strome soet die nektar van aphrodite septer oorwinnend s k i e l i k pêrel kwyn skulp verdwyn asynsuur wyn by eilandverlatenheid ©Berna 26.11.2017
Die winter is niks.
(2017/07/28) Die winter koue buite buite my is niks in vergelyking met die koue koue binne binne die gat in my wat gegrawe is die dag toe jy weg is dood is en ek gedwing is om te moet weet dat daar geen manier geen kans is vir jou om ooit ooit weer my in […]
Wie sal verstaan
Wie sal verstaan Wie sal verstaan ken jy my hart vinnig om uit te deel swaar om te ontvang op jou perdjie spring jy al gallopende weg riem telegram berigte doen die ronde sappige skindernuus verkoop as waarheid opgevreet soos soetkoek in kring van spotters skoen aan ander voet trippel soos stout kind blaas op […]
Kaalvoet kind
Kaalvoet kind Kaalvoet boor my tone in sand warm sand van stof is jy gemaak trek my knieë onder my ken in teken prentjies met my vingers speel-speel droomverlore ‘n Briesie raak baldadig maak golfies oor my pad sit ek en mymer in beswyming betower deur ‘n spel skielik waai sand in my oë my […]
Jou stilte
Jou stilte weergalm oor die vlaktes van my brein die reseptors vang geen sein als maak nou sin maar die sin is woordloos al kan jy spel want die letters staan een vir een…af-geêts