My Droomillusie
My Droomillusie Ek was baie moeg, die musiek so strelend sag het my droomverlore geleidelik aan die slaap gesus en ek droom ‘n onwerklike droomillusie van ‘n wasige liefde vasgevang in ‘n kokon geweef met fluweelsagte sydrade en ek wag, en ek wag baie nuuskierig om te sien hoe die liefde lyk totdat die kokon […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Ek Was Daar
Ek Was Daar My laaste vakansie was soos altyd op die plaas die enigste plek waar ek ooit volkome geestelik ontspanne kon rus, maar die plaas was verkoop – – – Ek was daar toe die pragtige trop Rooi Afrikanerbeeste kom laai was, Ek was daar toe die vee deur die rivier trek met die […]
Jonkheidsliefde
Jonkheidsliefde Ek kan ons jonkheidsliefde nooit vergeet as alles my herinner aan tye lank gelede reeds verby toe alles so wonderskoon was en die liefde bruisend nuut, en die oggende douvars was gretig sorgeloos afwagtend begroet en saans die sagte maanskynnagte, dromerig, romanties sterbelaai , alles in ‘n feëlandskap omskep – – – Maar jy […]
Ek Dig En Ek Sing
Ek Sing En Ek Dig. Ek sing oor die liefde en ek dig oor die liefde, ek het so baie dinge lief, ek het so baie mense lief maar my beminde is enig – – – Ek is lief vir die lewe, vir elke nuwe dag, vir sonskyn en maanskyn, mooiweer of slegte weer en […]
Popenôlle alla Klipdrift… Olé!
(Aan die heer van Zyl wat so ʼn paar jare gelede amok gemaak het toe hy uit frustrasie oor die skeidsregter se eenogigheid in ʼn wedstryd tussen die Bokke en Australië die skeidsregter op die veld gaan ‘tackle’ het…) En de ware storie agter de valsje stories zijn as volg: Schielik, schuins na póze-tijdt, ziet […]
trane
Ek wonder oor verbeelde water wat rimp’lings in jou oë weerkaats en die stil vuur van woorde die son gebied om tot stof te vergaan dan vra ek oor jou treurende somer as jou swaeltjies huis toe gaan en huil ek oor jou stilkyk wat oopbars in splinters en jou weerloos laat en dan weet […]
Roep van die naguil
Sou ek roep soos die naguil in donker stegies van die nag geblinddoek deur trane soek wat op my wag sal jy brandwag staan waar die nag nou rou en met die eerste lig daardie eerste lig my toevou in onthou want eens was die nag my vertroueling nou bang ek die donker en wag […]