Waar my spore lӗ
My hart trek vandag ‘n punt na die wye Bosveld die herinneringe neem my terug na die sonsondergang wat hang op ‘n berg se rug Na die skoonheid van die sterre en “Piet my vrou” se roep wat in my ore weerklink waar my siel vrede vind Kaalvoet loop ek in die pad ek wil […]
Lorelei-Skyn
Lorelei-skyn Ek het kom troos soek hier op die ou strandbankie en getuur oor jou weidse deinende blou einders maar jou aanrollende branders bring vir my geen troosboodskap en ek besef jou aanlokkende eb en vloed wink en trek jou die strominge in om te verdrink jy is ‘n alien op sy strand en die […]
Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
‘n Kersdag se ware verhaal
Die dae het verby gesnel Kersfees is om die draai liggies brand in elke straat en mense word vir niemand kwaad Waar familie bymekaar kom om die eenvoudige waarheid van liefde te voel Kersfees kaarte, geskenke en lekkergoed uit te deel ‘n Vreugdevolle viering rondom Jesus se geboorte te vier kom ons herontdek weer die […]
SPOOKASEM
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
Diep en dikwels
Kriewel klots die branders in jou die getye en volmaan en my koue gulsige verlange om jou siel te verstaan Soos die getye kom dans ons oor die rotse en tuimel in die see en ek hoor hoe die golwe oor my slaan Die hoogwater is onvoorspelbaar dit maak jou onbereikbaar want wanneer jy so […]
Lewe Is Kosbaar
Lewe Is Kosbaar Lewe is kosbaar op enige ouderdom maar is nooit veilig nie almal vlug vir iets – – – Die pragtige bokkie in die veld wei onrustig en kyk kort-kort op en bespied die omgewing vir ‘n roofdier in die langgras of jagter in die verte met sy langafstand dodelike koeël en voëltjies […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
Die muur van my geheue
Dagbreek roep sag oor ‘n doodstil oseaan sy roep die golwe bymekaar so sag en asemsoet Soos ‘n newel vou jou deernis om my wat in kartels golf van jou onthou Die seeblou ink skryf swewend en dansend glinsterend soos die melkweg lyn langsamerhand soos die sterre’ skyn My opgevoude gedagtes wat onwillekeurig ontsnap en […]