Kronkeldermpad
Kronkeldermpad Ek staan onder in die vallei en kyk op na daardie swart kronkelende asfalt ileum hoog daarbo en dit lyk so smal ‘n gevaarlike nou kronkelende dunderm maar met geen neergestorte wrakstukke in die vallei te sien nie en ek dink toe by myself so lyk my lewenspad tot hiertoe— Kronkelend deur baie dorpe […]
GEDIG VAN N KIND
Mamma hoekom baklei jy en my pa? Pappa is jy nie meer lief vir my ma? Julle maak my hartjie so seer, as julle so baklei,gil en skree. Wil julle my nie meer he, ek sal weggaan as julle so se. As ek by ouma gaan bly, sal julle dalk minder baklei. Pappa en as […]
DIE KAPING
Trane van verlange, rol oor my wange. Verlange na jou, verlange so rou. Jy was aan my regter sy, ons was besig om te ry. By die verkeerslig het ons gestop, dit was toe dat n man voor ons inhop. “Klim uit!”het hy geskree, jy was kalm en het gese”Nee!” Daar was net een skoot, […]
MADELINE
n Dogtertjie,klein en fyn, het een aand,spoorloos uit Portugal verdwyn. In hul vakansie huis, was sy en die tweeling alleen tuis. Wie het haar daardie aand gesteel, wie het haar verdwyning gereel? Wat het van Maddie geword? Daar is soveel stukke van die legkaart kort. O’kleine Madelein, sien jy die son nog skyn? Weet jy […]
Skugter Liefde
Skugter Liefde Ek dink aan jou die hele dag want ek bewonder jou so lank al maar jy weet dit nie want ek sê dit nie ek is maar skamerig— Jy is enig en spesiaal vir my en ek hou so baie van jou so lank al maar jy weet dit nog nie want ek […]
Wie sou? …
wie sou jou hand kon vashou en prentjies daarin skryf as dit ysig koud is hitte soek teen jou warm lyf wie sou vir ‘n drukkie vra elke minuut van die dag woorde van liefde met jou praat al is dit laat in die nag wie sou hul arms om jou sit om jou baie […]
Stil soos reën
Die wolke gly in kleur oor die stille vlies van my somerson verby Loop ek deur ‘n woud waar gister se drome in die vaal van my onthou soos spoke rond’dwaal Maar die woud is stom… stom soos ‘n klip versteen al wat mens hoor is die drup-drup van reӫn
Waar Het Jy Ingekom
Waar Het Jy Ingekom? Hoe het jy so stilweg in my hart gekruip? Waar het jy ingekom met al die hartkamers se deure en vensters vir jare lank gesluit so goed beveilig en deurgaans opgeknap met ‘n kennisgewing voor elke ingang in groot vet swart gedrukte letters NOOIT WEER NIE en ek dra al die […]
SPOOKASEM (vir Natalia – lente 2016)
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]