tydgebonde asem (Goud)
tussen die suig’ling se eerste asemsnak en die sterwende se laaste tik die tyd-naald in die cul-de-sac van gee en neem en sy skadu skuif streng en strak …sonder halftyd… oor lewe en dood se uitspeel-stryd © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Skaduwees van Tyd (Goud)
Tyd sleep ’n kromgekloekte wa, ysterwiele skuur oor gister se gebeure. Dit is nie ’n haastige ryding nie, maar ’n lykswa van tyd – wat stukkies van ons stil-stil agtertoe neem. In sy wa lê die stemme wat nie meer praat nie, briewe sonder adresse, die geur van ma se rooibostee en ’n glimlag wat […]
Spore van onthou GOUD
Spore van onthou ek dwaal deur die onthouboek van my lewe soms spreek die nostalgie daarvan in sagte lyntjies teen my wang of skeur die sluise van seer ‘n rou snik uit my bors hier… klein voetjies, moerbei toontjies, sproetjies oor die neus sjokolade om die mond haasbek vreugde en ogies rond daar… uitbundig, vry […]
Tyd vooruit
Tyd vooruit Elke Sondagoggend, presies halfvier, glip die skaduwee oor die stoepvloer. Van oos na wes. Rokerig. Grys. Rigtingloos. Vertoef ’n oomblik, asem in, en kwyn. Die huis is oud, vol onthou. Wie nog, het hier geloop? Hande vol verwagting, harte vol verlies. Soms ruik ek laventel, soms vingers, sag teen my nek — gou […]
dóttir
Dot my kind jou woorde is douagtig jou oë douvars soos doudruppels jou wange dounat van doureën jou glimlag soos ‘n doukelkie jy is doyen van my trop my goue doublom die dot op my vaderskaart © Tearlach. (dóttir : Oudnoorse naam vir dogter “doyen” verwys na ‘n persoon wat die oudste […]
Uurglas #silwer
Uurglas By geboorte ontvang ek ‘n uurglas ‘n uurglas geseël, waar ek geen sand kan bylas kan bylas by my lewenslyn lewenslyn wat bestaan uit vreugde en pyn. Pyn wat die Seun verduur het vir my ewige lewe lewe in die vorm van korreltjies sand sand van liefde wat ek oor ander kan uitgooi uitgooi […]
Stilte Spore
Stilte Spore Duine vou soos ou seegolwe, in goue stilte wat nie skree nie. Sand strek wyd oor asemgrond — vlaktes wat lank onthou. Gemsbok sny deur vlammende lig. Sonder haas. Geen parade. Oorlewing op bene. Trop volg, klank gesluk deur sand. Skaars ’n spoor. Beweging sonder vertoon. Kameeldoringboom, bleek en uitgetrek, klou droë takke […]
genoot
slegs die dowe oor kan sien wanneer skimme in sy donker woud met dofsware plof hulself deur sy woud ploeg met glimmende swaarde wat bloedbedrup flitsend knars deur lang grassade van gister en vandag se dade meer as halwe eeu se kerse verloop in sy duister, dowwe verse waar troubeloftes en beloftes […]
Klipnostalgie – geskryf deur Isha
Klipnostalgie – geskryf deur Isha Vyf en twintig jaar gelede loop ek en my peetkind Michelle, langs die see. Ek het ʼn ding vir klippe en daar sien ons die pragtigste pienkerige klip lê wat sê: Tel my op, ek’s joune… Ek het uitgevind dat die ‘klip’ eintlik ʼn sandsteenrots is en daar en dan […]