Die Virtuele bestaan
Laasnag het ek en jy gaan wandel , op ‘n virtuele strand … onder ‘n helder sterre hemel, met sagte fosfor lyne op die brekende branders… en dit was die enigste natuurlike lig. Hand aan hand met jou kop teen my skouer, en nie veel gese, net gekyk… en gekyk na mekaar… en die see, […]
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
MY VRIENDIN SE KOEK
Ons was laat vir ‘n vriendin se verjaardagpartytjie en ek moes ‘n koek saamneem. Wanneer ek bak, word dit b(e)rou. Daar was anyway nie genoeg tyd om ‘n koek te bak nie. Ons het sommer by die naaste Spar gedraai om ‘n koek te koop. Die gespook en spartel vir tyd het my senuwees op […]
WINTER
WINTER Winter het in my hart kom le droe gras sade kaal bome blare groen geel en orange ver bleik le hulle op die grond gestroop deur die koue van hulle veilige hawe om plek te maak vir nuwes winter het jou hart kom stroop van warmte wat met tyd sal jy dit weer vind […]
Julie 2017 – Oop en nuwe projek
Hierdie maand kan jy deelneem aan ‘n oop kategorie vir beide die gedigte en verhale afdelings. Daar is dus geen voorskrifte nie. Jy mag inskryf met enige onderwerp. Die enigste reël is egter dat jy nie iets mag inskryf wat reeds voorheen erens anders as hier op INK geplaas is nie. Dit moet jou eie […]
Vroegoggend gedagtes
Vroegoggend… Die lig wat skalks die Oosterkim verkleur, sit ek buite op die stoep, ‘n beker swart koffie met gedagtes alleen… en luister onwillekeurig n die dag wat ontwaak. Die reuk van dou op vars gesnyde gras, soos die van ryp waatlemoen, ‘n Hadida wat wreed sy slaap verloor, en dan die rus verstoor. Ek […]
AANDAG ALLE SKRYWERS – Woordfees skryfkompetisie
http://woordfees.co.za/inhoud/feesinligting/kortverhaalbundel Kliek asb op hierdie skakel vir die Media 24 se woordfees, ek dink hier is ‘n hele klomp skrywers op INK wat kan inskryf Dit is tyd vir die derde US Woordfees-kortverhaalbundel. Bly – in 2016 – asook 2017 se Wys is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en slegs enkele eksemplare van die […]
winter
sy strek haar hand uit betower met naakte skoonheid passievol dans sy oor bergtop en vallei waar sprokie wit sneeu verlei met die yswind in haar hare strooi sy ‘n kombers van herfskleur blare om ongebore lewe veilig te bewaar lewe wat lente in die najaar baar sy sus die bome tot rus toor oranje […]
Verwronge lewens beelde
Wasig wit die warrelende winter mis, wat klewend nat vasklou, als omvou… Die aarde en my siel … sag bedek ‘n Surialistiese tafereel, homself afspeel… Dwarrelend tussen stam en klip , En dan … momenteel, die landskap bar ontbloot, om skielik weer … die lewe te verbloem Al wat oorbly in jou geestesoog, ‘n Vae […]