Kil-koue blou oggend
Waar woorde opraak en net die hart luister dans die son vir oulaas oor gebroke en verlore Wanneer gebroke en verlore se pad kruis hou die berg sy asem in Die gebroke hart wat smag na liefde die verlore sondaar soekend na ‘n Heiland So dwaal die twee deur ‘n verlore paradys die rondlopervos huil […]
INKSPRAAK gedenkbundel is hier!!!
Ek het vandag die digbundels van die drukkers ontvang en is vreeslik opgewonde daaroor! Vandag is ek sommer ERG trots op ons INK lede!!! Die bundels is pragtig en dit is so spesiaal. Ek pos more oggend al die lede wie reeds bestel en betaal het se bundels so julle kan teen die einde van […]
die onskuld van ‘n kind
daar is reënboë in die branders daar is vrede in die wind daar is heimweë in die klanke wat die prentjie saam vasbind daar is vrae onbeantwoord en tyd oneindig min… so verlang ek na die gister die onskuld van ‘n kind EN EK Sê DANKIE, DANKIE VIR DIE TYD WAT MY GEGUN IS… DANKIE, […]
‘n loflied vir Mamma
Dierbare Mamma, so kosbaar vir God. Daar is Soveel gedagtes wat deur my vloei, soveel herinnerings wat my ontmoet. Swaarkrydae van gister, teëspoed wat ons lewenspad begroet het, Tog, weggespoel in jou liefde, toegemaak in die omgeehart van ‘n ma. Mamma daar is soveel dankies diep binne my. ‘n Lied in my hart wat meer […]
‘n Gelukkige hart vir moedersdag
Al is die winter vinnig oppad is daar vir altyd somers in jou hart waar die lewe kan psalms sing Ek stuur vir jou die mooiste lof’liedere wat in die donker blink jou elke dag sal seӫn al skyn die son nie na die reӫn Pluk vir jou ‘n sonneblom wat ek in ‘n plekkie […]
WENNERS: – April (ope projek)
ALGEMENE NOTA: Ek dink baie van die digters en skrywers verstaan of nie die elemente soos in die opdrag versoek nie of verwar die wyse waarop dit gebruik moet word. Ten minste 80 % van die verse en verhale ontbreek aan ten minste een van die elemente. Ek wonder of dit te moeilik was of […]
Digters gesoek!
Ons is op soek na ‘digters wat vir ons ‘n bietjie kan skaaf aan ons gedigte op SA Digters Afrondingsblad. Eerlike, vriendelike wenke sal baie waardeer word. E-pos elsabedebeer8@gmail.com https://web.facebook.com/photo.php?fbid=632318003645760&set=gm.1691576887801745&type=3
Tussen treine
Chrislene staan arms gevou op die peron en wag. Kort-kort loer sy om haar rond. Sy weet die kanse is maar skraal dat hy vandag hier sal wees, maar sy kry nie die gevoel van haar afgeskud nie. Die laaste keer wat hulle mekaar hier gesien het, was hulle maar nog net kinders. Kinders wat […]
geloof van ‘n vrou
geen oes op die land alles swart verbrand geen diere in die kraal als gestroop en kaal tog gierige hande bly rondom my eis nog meer maak so seer my kind kan ek nie meer vashou nie beskerm teen honger en kou optel as sy val of seerkry sy is lankal nie meer by my […]
YSKONINGIN
sy het haar hand uitgesteek met haar aanraking die landskap gevries ©HMellet