Verstol in die doodsheid
Op ‘n pad iewers teen ‘n hang is ‘n man sonder hoof hy klou krampagtig vas aan sy perd se stang Sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug hy weet die dood volg hul soos skadu’s oor die kloof By ‘n huisie verby gil ‘n vrou onbedaard en bang sy herken haar man […]
Plasing van iemand anders se werk onder my eie naam
Baie dankie vir die terugvoering wat ek gekry het dat die skakel wat saam met my werk geplaas word na iemand anders se naam verwys. Media24 het baie lank gesukkel om hulle stelsel reg te kry – dat die vryskutskrywer, en nie die redakteur se naam, by die werkstuk verskyn nie. Na jare van probeer […]
Weswaarts (1)
Weswaarts In die geel najaar plant ek ‘n hemelboom, soos ‘n neut breek ek die bruin aarde oop. ‘n Onsigbare hand met ‘n donker flits lig die skaduwee van my breërandhoed op en af as ek die grond hark. Ek lei koelgrys water in ‘n voor en kyk hoe ‘n windswael die lug met swart […]
INKSPRAAK bundels is gepos op 10-05-2017
Alle bundels is vandag gepos aan die lede wat bestel het. Laat weet asb sodra julle die bunels ontvang het en stuur sommer n foto waas jy die bundel vashou vir ons by skryfafrikaans@ink.org.za Weereens baie dankie vir al die lede wie se werk deel vorm van hierdie besondere bundel Inkgroete
INKmoderator vra verskoning
Beste INKers, Aangesien die bundel nou gedruk en gereed is en al die ander groot projekte agter die rug is, wil ek verskoning aanbied omdat die KRIT afdeling nie genoegsame aandag geniet het die afgelope paar maande nie. Ek het vandag weer aktief aandag aan die afdeling begin skenk om sodoende gou doenlik op te […]
Waarheen is die wêreld op pad?
ekenaartoerusting en selfone raak al hoe kleiner, maar in die meeste gevalle kan dit ook al hoe meer inligting stoor. Sommige geheuestokkies is so klein dat jy dit skaars tussen jou vingers kan vashou, tog kan ’n mens ’n magdom inligting daarop versamel. Die geheuestokkie in die vorm van ’n parmantige Minion op die winkel […]
jy is weg, en nou weet ek nie…
Die bang eet my op, voete en al. Ek beur deur diep teue op soek na vars lug, maar die vrees verdring alle logika. Verstrengel in die distels, hou die dorings my terug. Vuur brand deur my, van buite af binne toe, al die gevoel tot as, en waai weg in die winterwind wat lag en […]
Met ‘n drukkie
Die stem van ‘n moeder die warmte van haar hart aan kinderdae, salig en komerloos en dis te danke aan ma Ek dink aan tye van lekker lag van kuier aan die kombuistafel tot laat in die nag aan ouerarms wat my sag omvou Ek dink aan tye van hartseer deel saamstaan in donker dae […]
Langs rooi vure
‘n Prentjie van geweld en aggressie elkeen se smart, hartseer en pyn omring van angs geskreeu smagtend sig nog eens te wreek Die sandput is verskriklik klein ‘n ma wat saggies huil haar huis se skimme spokend ‘n bedjie leeg en koud Toe die dag breek sӗ ma trek oop die grordyn sodat die lig […]
Grys Is Tog Feit
Ons almal begeer dit wat ons nie kan kry, In die tronk van begeerte voel ons vry, Ons dagdroom oor ridders en kastele, Ons vertoef aan valse beelde Ons almal hunker na vryheid en ware liefde, Min beseffend die een bots met die ander, Prinse en prinsesse wat daagliks verander. Drome en denkwyse oral gebonde, […]