KRIT Plasings: NEEM KENNIS ASSEBLIEF
Beste INKers Ons wil die Opleiding/Krit afdeling van die webwerf baie meer interaktief maak. Om dit te doen is dit nodig dat daar oopstroom kommunikasie tussen uself en die Moderator sal wees. Kom ons kyk na ‘n paar praktiese elemente om hierdie proses dan stroomlyn te maak: 1. Indien u ‘n plasing koppel aan die […]
SKRYF
Wanneer pen en papier mekaar ontmoet en vars inkdampe my neus begroet, is dit asof ek uit hierdie mensgemaakte wêreld wegdryf om hart, siel en denke in woorde te omskryf. In vokale, konsonante en vreemde taalverskynsels raak ek weg. Uit sinvolle verse en paragrawe berei ek ’n letterkundige gereg. ©HMellet
Ma se lewensles
‘n Ware verhaal… Ma se lewensles… “Kyk, ek huil elke keer as ek die woorde sê… Dit was nie net ek wat opgestaan het nie…” “Ek het my lewe voor my gehad. Ek was dolgelukkig getroud en ‘n het geweet dat ek die band nooit sou breek. Sien, dit was meer as 50 jaar terug […]
DIE TANNIE MET DIE KIERIE
DIE TANNIE MET DIE KIERIE Ma, kom hak by my in. Ma, kom ek stap stadig saam met jou. Kyk Ma, daar sit die duifie op sy tak en gister was die roos nog nie oop. Een vir een stap ons voort, geniet die natuur se kleure en gesang. Ma, daar’s min mense wat so […]
BERUSTING
BERUSTING Altyd gewonder wanneer die keuse sou kom, altyd gewonder ‘hoe’ die keuse sou kom. Die besluit geneem, weldeurdag, lankverwag. Nou berus ek in myself dat ek myself laat wen want die besluit is geneem. Baljaar en huppel in die vrede, die aanvaarding van my unieke voetpad. Die pad gekies en ek weet, dis my […]
‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma Ma, die woorde uit jou mond is altyd soet – soos die fynste suiker, soos heuning – elke gedagte uit jou hart. Al swerf ek oor die hele aarde heen, al sou ek elke huis en ruimte verken – nêrens sal ek jou gelyke vind nie. Want jy is soos […]
Korale van moederliefde
in die ooptes van die velde waar ribbokke vry kan wei tortel jou koesterwoorde teer deur die gange van my hart met die krag van geloof aan moedersknie geleer loop ek ‘n stormbende plat word my tafels met olie gesalf en Vrede bedrup my lewenspad meer suiwer as diepsee korale kosbaarder as perels, is die […]
Wenners van die GrysKraG kompetisie
Die drie wenners was Dr Toon v d Merwe, Pieter Odendaal, en Annalie Kleinloog. Nog 7 stories wat vermelding ontvang het was van Hanlia Dippenaar Evanthe Schurink, Pieter Viljoen, Carina France, Eric Heath, Frances Frans Sien ook die aangehegte foto vir persone wie se werk in die bundel opgeneem is asb. Baie geluk aan die […]
gevlerkte gees
O Heer gee ons ‘n duif ‘n gevlerkte gees wat ons land kan deurkruis nie onreg en seer te rapporteer maar gulsige bekke te sluit gierige kloue te keer ‘n duif met ‘n olyftak ‘n gevlerkte gees wat ons een lied saam laat sing wat gaan sit op elke huis se dak wat ware vrede […]