Januskop
januskop pasop! hul hou jou dop lag nog ‘n keer teen die seer teen elke skop ou tweegesig januskop! geen verweer teen die skyn weggesleur deur jou pyn januskop, sal jy nooit leer rotse is hard serp punte sny seer wil nie meer kan nie keer januskop! kruip in jou dop daar kan jy skuil […]
Spoke van more
ek en my skaduwee tussen pad en muur gesmee vasgekeer uur na uur binne my brand ‘n vuur fietswiele draai in my kop om en om sonder stop tol om en om hoekom… hoekom die kir-kir van die wiel vreet draai-draai aan my siel spoke van more bly my by dansende skadu’s koggel my jou […]
En nou kan ek nie slaap nie
Die dag lê my gedagtes vol – van varkies in oranje tot by die verste blouste see. Van misreën in die oggend tot waar die hunker van my lyf met die soelheid van ‘n herfsdag innige verbonde smee. Van woorde uit ons monde tot by vrae wat stom – en sonder antwoord – agter geslote […]
In die gees van Paasfees – skuins voor Paasfees
Opwinding en afwagting was duidelik op hul gesiggies te sien toe hulle die klokkie by die hek druk. Vir die komende vakansie wou hulle geld insamel. Die feit dat leerlinge geld insamel, was nie vir haar vreemd nie. Daar was altyd skooltoere of sporttoernooie wat ’n sakgeldjie vereis het. Hul eie kinders het ook al […]
SA Digters slypskool
Ons is op soek na leerders van graad 7 tot 12 om hulle gedigte vir ons te stuur. Onnies wat weet van leerders met talent vir dig is ook welkom om ons te nader. elsabedebeer8@gmail.com Ons het ‘n nuwe blad by SA Digters. Ons gaan ‘n digbundel publiseer met gedigte van ons lede in. […]
Verby verlange se sig
My arms die wind my voete die blare tussen my en die windpomp waai die wolke heen en weer Teen die bloekomboom se stamstut sit die eens beminde hart ‘n droom, hoop, en wens wat stil verdwyn Jy brand saam die son se rooi jy haat die lewe se mooi jy is in die nag […]
Vlermuise in my kop
half-gedagtes vler- muis- hang hangende vrae aan s-p-i-n-n-e-k-o-p-d-r-a-d-e drade van genade teen my spelonk-gang dan word dit ‘n rooioog-nag honger vlermuise ontwaak vlermuise uit op die jag vlermuis-skreeue verdryf my slaap vlermuis-vrese ontplof die mosterdsaad in my verstik in die stof ‘n worstel-nag breek oop tog bring die lig met dagbreek weer hangende hoop
Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM
Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
HOOR JY DIE STEM
Hoor jy die hartseerstem van n land Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet Hoor jy die stem roep na vryheid Aansporend agter die sweepklap op die ossewa Hoor jy die stem van gelofte Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier Hoor jy die rouklag in die stem Na n oorlog wat n verbrande land […]