Agter geslote deure
Agter geslote deure van hul volmaakde bestaan dreun die harde woorde wat deur haar menswees slaan Haar selfbeeld is stukkend haar menswees, net ń hopie as haar oë net ń herinniring van die sonskyn wie sy was Hy slaan nie met die vuis nie maar moker met die tong sy woning níé haar huis nie […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
’n Ander droom
dit was ’n swart dag ’n lang donker nag wie jy was is jy nie meer al my drome vir jou het gesterf het bly hang in ’n hospitaal gang ek moes ’n ander droom vir jou droom want jy kan jy nie meer kan hardloop soos eers nie meer leer nou staan jy buite […]
Geknakte vlerke
Vasgevang in vrees versplintering van illusies van wat kon wees in die smeltkroes van vuur wroegend worstelend in jou laaste uur brandend ten hemele skree met die asem van God polsend deur elke vesel van jou wese het jy heel geword soos ‘n feniks uit die as herrese met nuutgevonde vlerke bo die storms uitstyg […]
Drome
jou gebroke oë kyk na bo geknakte kind vasgevang sal jy ooit weer kan glo vir jou wil ek ‘n karos van die sagste sydraad brei waaronder ek jou kan toedek en beskerm keer dat nuuskierige oë jou in repies sny jy my kind… wat grootoog wonders in alles kon vind vir jou wil ek […]
Net vlugtig . . .
vroegaand was ‘n foto – ‘n volmaan in die avonduur ‘n lofsang aan die sonsak ‘n gloeiend ode aan die vuur die nag was wasem kortstondig, soos ‘n asemteug die nag was soetwyn en skemerlig die nag was woorde – in rym en vloei bedig soms dans onthou se beelde nog ‘n passie, vol verleiding […]
Jou wese
jy baadjie my met jou kalmte daar waar soveel onnodige vrese sekel aan die koepelruim met jou warm kyk strooi jy bosse geel magrietjies vol in blom en jou asem, jou asem laat my stom op gure reëndae knars jou hitte vir my die soutsee in die geurigste, lieflikste patee soos die anker van my […]
Vreemdeling
kyk die spelende kinders soos vrolike vlinders maar jy my kind nou sonder oë het nie die vermoë om hul vrolikheid te sien hoor die gelag van jou maters soos kabbelende waters maar vir jou my kind nou sonder ore is dit nie beskore om die vrolikheid te hoor babbelende kinders spelende vlinders kabbelende strome […]
Kruispad
oor die dooier van gemufde brood se skewe grafieklyn breek die muwwe brokke van my nagmaal D A N uit die skemerskadu’s tree ‘n begeerte na hoop om ook hierdie kruispad heelvoet te kan loop; oor geroeste doringdraad en oor haak en steek; prewelend, kouend en slukkend met kíés: sal ek lag of verstik © […]
Skenk jy . . .
skenk, ja gee daagliks mildelik troos; mirre goud en diamant uit die skatkis van jou binnekant salf my met jou bekoring in koring se bronstige geel stuur jou reddende boodskap in rooi, helder soos die son sprei jou vlerke deur engellig heilig dan veersag die brakwater van ons onseker tye met die roer van jou […]