Kaggel tyd
Ek was rustig in myself gelukkig in my alleenheid die son het onder gegaan die son het opgekom Toe het jy gekom en teen my beter wete knik die hart … is bowe my verstand Dit kom alles daarop neer ek moet my tyd vat hierdie keer en sal hard probeer weer en weer Solank […]
Alcatraz
Op ‘n verlate eiland het ek na jou gedelf maar al wat ek kon kry was versteende ghwano op die venserbanke van ‘n gepansterde Alcatraz. Swart tralies het jubelklanke toegespin terwyl die kras van die seemeeue die bleek uit my irisse steel en verdwaalde krappe het sku onder die gruis van my voete kom teel. […]
Drome
Drome Ek droom van ‘n lente waar reëndruppels pienk perskebloeisels neervlei oor sagte grond. Ek droom van sagte winde wat die lente saai met geure van laventel en jasmyn. Ek droom van seisoene roosblaarsag – waar sy liefde my immer sag omhels en sy soene my verlei, … ek droom … Kopiereg Liz Barnard 2016 […]
Skilderdoek klonte
Swart koffie drup filter ink Swart vlekke wat in my siel insink Versuip en smeer Smeer die gedagtes en visioene Deurmekaar in kleur klonte op ‘n hoop, in ‘n hoek Met vuil vingers smeer dit op my skilderdoek Verf strepe buite die lyne Slordige spatsels van random verlange Leë siele lê rond in tente Voos […]
Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]
Steenoog ‘n traan
Waar die glinster van die reӫn oor veryste been stil gaan lӗ in vertrapte steen Dryf my gedagtes rond in hierdie kleihardheid sien ek my sieӗlbeeld weerloos in jou oӗ se bont Voel ek die trilling en tromme van trane teen my hartkamer se ruit geen warme gloed deur venster’spleet of deur In die nagwind […]
Die Seder
Die Seder. Ek is ‘n trotse seder van die Libanon uit die geslag naaldboom of pynboom en van die bome se adelstand— Ek staan koninklik fier met my hoë gespitste top wat tot agtien meter hemelwaarts uittroon en soos ‘n vermanende vinger jou arrogansie teregwys met onthou, ek was die dakspar in Salomo se tempel, […]
WEGKRUIP WOONSTEL
Stap – stap oë op voete trappies op deur oop deur toe gesluit wegkruip woonstel
Sien Jou Weer!
Sien Jou Weer! Afskeid is nie ‘n vriendelike woord— Soms is dit ‘n tydelike kort afskeid soos werktoe en terug, maar soms is dit ‘n lang afskeid of permanent soos met emigrasie , maar lank of kort, die weersiens is onseker en die lighartige sien jou weer is soms om nooit weer te sien want […]
Wenners van die lente projek
Gedigte afdeling: 1. Viooltjie met Ek kom haal jou in Augustus 2. Agie met Lentedans 3. Anzé Bezuidenhout met Lente-kotiljons EERVOLLE VERMELDING: Viooltjie met Lente kom op 4 September, Blameer die lente en Op soek na die lente En ook Cornien met Nog lente in jou hart Baie geluk aan hierdie 4 digters!