Afstand
Twee riviere loop paralle teen my wange af. Alles gebeur so vinnig. Dae vlieg, ure verdwyn in die niet. Reën loop in klein riviertjies dwarsoor my ruit. Alles gebeur so vinnig. Bosse gly verby en die pad krimp met elke sekonde. Elke nuwe kilometer skeur die gaping tussen ons weier oop.
Straatkind
Ek is arm, my menswees is bankrot. Als wat ek in die lewe wil hê, kom met ’n buitensporige prys. Ek is die straatkind wat koud en dom vir jou sit en wag. Jou verbystap hier langs my, bring dalk ’n bietjie hoop. Ek het nie veel nie, my kanse op oorlewing is ’n patetiese […]
Bokwagter in die skemer
In die skemerson bak dik kliprots tot veldreuk daaruit verdamp en in my neusholtes prentjies vorm van stof en gras. Oor die rooi sandoppervlak lê bokspore soos los legkaartstukke en tussen my tone druk die klam rondheid van ‘n bokdrol. Die aandwind ruk ‘n brunnet krul in die lug waaruit die dalende son ‘n stukkie […]
In die wind se waai
Langs ou Gatiep op die donkiekar sit Meraai. Sy is baie vies oor die stof teen haar lyf vaswaai. Sy trek haar kopdoek reg en gluur Gatiep onderlangs aan. “Ek sê djy, wane gat djy stop? Ek’s gedaan!” Gatiep ruk soos hy skrik. “Hemil Meraai, ik seg da lat ik sal stop by die wegdraai […]
Die Son Loop Weg
Die son loop soos ‘n boud swaai danser oor die randjie na die nag toe weg en skud die goud-geel skilfers op sy dag se oorjas by die oorloop van die plaasdam af. Ek fluit en roep die son se straalskaaphonde om sy wegloop by die groot hek op die randjie stop te sit… repe […]