More se jeug
In die nanag, vasgevang in wellus se yster greep is kinders wat tussen kombers en matras uitkruip, hulle balhorigheid maak gal en bloed deurmekaar en voorspoed gaan laggend verby op sy eie baan. Terwyl hulle dans in die dubbeltjies wat wild groei, wag daar geduldig op die horison in die skemer, met bossies wat woes […]
Seetoneel
Stil seemeeue swiep skeef oor boeg van vissersboot soos soutbelaai sproei kleef aan maste reeds erg verweer Drie Dolfyne hoepeldans op ritmiese riffelgolwe terwyl ou oom anemoon als stom staan gadeslaan Tjokka en sardientjiegeur vul die dek se atmosfeer Skipper se bytels glinster blink in goudstof van die oggendson So sal die skip steeds skoppelmaai […]
PLOEGLAND
Ek draf asemloos agter die lewens ploegland trekker aan terwyl hy drywerloos deur my hart se onkruid kluite jaag en lêplek vir jou groenvoer sade in my hart kom maak. Ek verdwaal in die vlinder vingers van die son se terugkyk kinders en trek die sluise na my hart se ploegland oop; bruin-goud water borsvoed […]
‘N BLIKKIE STERRE
Gee vir my ‘n bakhand vol silver maanlig strale gepluk uit die nag se vosperd maanhaar verby galoppie geroskam deur die nag se wolke en ek maak vir jou ‘n houvas blikkie sterre omvleg met silver strale totdat die son se wolwe kom skoor soek en verlede nag se blikkie sterre herkou uitgespuug word en […]
WEET JY WAT..?
Weet jy wat..? as jy kom vra sal ek jou gou-gou skelm gaan wys waar die gras sy groen kry en die maan sy wittand lag Weet jy wat..? as jy kom vra sal ek die streepmuise gaan omkoop met ‘n goudgeel mieliestronk om vir jou agter die damwal in die oggendmis die oggend sonlig […]
Ek skryf vir jou (1) …
môre is weer Valentynsdag en alles word in rooi getooi maar in my hart het die lewe ‘n emmer swart verf kom gooi want jy is nie by my nie en ek moet alleen voor Kupid staan en wat weet hy nou eintlik van hierdie gevoel sonder naam want ons kan nie saam wees nie […]
Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.
Ek bestuur, een hand om die stuurwiel gevou terwyl die ander ’n KFC rounder vashou en die verkeerslig is nou ’n stopstraat (’n aansteeklike siekte in die dorp) en op die hoek van die straat onder die dooie verkeerslig sit ’n ou boemelaar (heel gemaklik) op ’n groen rusbank en lag vir al die mense […]
ALLETTA BOONZAAIER HFST 4
Toe ek voor my ouers huis stop is dit net voor agt uur. Die lug is helderskoon en die sterre blink om die volmaan wat al redelik hoog in die lug sit. Ek ruik die reuk van die seelug in my neusgate en hoor ek die branders in die verte dreun. Die koel seeluggie waai […]