Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
KATELYN SE LULLABY
Ek vang vir jou ‘n sterretjie my kind bind hom toe in ‘n moskombersie en sit hom langs jou kussing neer Ek steel vir jou ‘n wit ster-stert en hang hom aan ‘n reënbogie bokant jou seegras bedjie vir die aand Ek onderhandel met die maan ‘n straaltjie om te leen deur die gleufie in […]
KLIPPE SKOP OPPAD HUIS TOE
Die ingevoerde gietyster skoolklok dril van lekkerkry as Meneer aan sy naelstring hang en ons geleerdheid in meelsakkies verpak oor ons skouers gooi Ons ploeg ‘n stofstorm in die optog hek toe op want Dawid se donkiekar se as lê soos argiefmateriaal verstrooid op die grondpad en ons moet huis toe stap met Bata skoene, […]
BLOUBERG SE STRAND
Ek maak die vensters van die oggend oop en kyk hoe Tafelberg se spookasem teen sy hange met ‘n lag afgly see toe en Blouberg se strand loopplek langs sy skuimbaard maak Die nag se verlore gedagtes kom speel klop-klop by my agterdeur vroegoggend hier langs die see se rolbos branders wat lêplek op die […]
‘n Oomblik vir altyd …
‘n oomblik vir altyd sekondes verby ‘n leeftyd se drome in stondes te kry dis hoe ek ons lewe met oomblikke heg want as ons weer kyk is alles dalk weg ‘n oomblik vir altyd is al wat ek vra dat jy my hart in joune ‘n oomblik vir altyd … sal dra ©
By wyse van bloei….
Die ware horison van my in jou lê onderskeidelik soos die son wyd uitgestrek geel in oranje diep rooi in geel gemeng ñ refleksie so waarneembaar in die oog van jou toenemende kontradiksie wat sagkuns hier voor my afspeel soos ligstrale dans in die wind ongesiens net ñ gevoel hier teen my wang my liberaal […]
DIE SINMAKER VAN MY GISTERS
Ek dink die meeste van my “onthouinge” uit my kinderjare is gevorm uit dit wat my ma, ouma en ander familie my vertel en dit wat jy dink jy onthou wanneer jy deur die baba en kleuter foto’s kyk. Meskien is dit vir meeste mense ook so. Jou kleintyd stories bestaan uit ’n samestelling van […]
Ek dink ek het my musiek verloor (nie my dans nie)
Ek soek stilte ek soek alleen wees. Ek is nie eensaam nie ek soek net stilte. Ek soek vrede sonder mense stilte met net die natuur se geluide. Boude en boobs is al waaroor mense deesdae sing en hul musiek is net klanke sonder gevoel. Gee my meaning gee my guts gee my hoendervleis gee […]
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 3
“Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig en het […]
Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland het jy menig’ Amakeia deuntjies in die skitter van die awendster aan die witkind sag geneurie al was sy mamma bitter ver Want daar’s aan haar belowe sonder huiwer, sonder kla toe sy sterwend aan jou vra dat jy die kleine piekanini tot die dood op jou rug sal dra […]