In die wind se waai
Langs ou Gatiep op die donkiekar sit Meraai. Sy is baie vies oor die stof teen haar lyf vaswaai. Sy trek haar kopdoek reg en gluur Gatiep onderlangs aan. “Ek sê djy, wane gat djy stop? Ek’s gedaan!” Gatiep ruk soos hy skrik. “Hemil Meraai, ik seg da lat ik sal stop by die wegdraai […]
Die Son Loop Weg
Die son loop soos ‘n boud swaai danser oor die randjie na die nag toe weg en skud die goud-geel skilfers op sy dag se oorjas by die oorloop van die plaasdam af. Ek fluit en roep die son se straalskaaphonde om sy wegloop by die groot hek op die randjie stop te sit… repe […]
Verwisseling
Toe die Môrester vir die Suiderkruis waai en die Haan die oggend wakker kraai het ek my spore in ‘n nuwe woud getrap omdat die hekke van my oubuurt eensaam krap en kraak onder die gewig van die woorde “Hierdie Woordbuurt is nou gesluit. Agt jaar van jou lewe vee ons nou uit” © Zymrly […]
Papierbootjie
Ek en jy sit by die tafel en vou ‘n papier bootjie kleur hom in met wit en swart seerower kleure en plak ons eie vlaggie op sy mas. Ek speel met jou blondekop baba hare en luister terwyl ma reënjasse uit die gang kas haal voorsorg vir die belofte van die sonvloedreën wat die […]
Want jou liefde sê
ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]