Uit die kombuis (Goud)
Soos doekpoeding, gestoom in Keulse linnedoek met pypkaneel en neutmuskaat uit ver Malei gespesery, sultanas en korente uit die stormkaapvallei, vir skóp ‘n leksel brandewyn uit Cognac se kontrei, deur tien dekades saamgedra met hier en daar iets aangepas, glanskersies vir ‘n bietjie kleur nog gemmer vir die ékstra geur en net vir pret sommer […]
Die Ewige Silo (Brons)
in die yskoue Vrystaat sny die lem om die dorre aarde met sooie te tem ontbloot staan die lewegewende aarde bring nuwe saad na die land sy kosbare waarde met die volrond saad van lewensvog vol gedrink ontplof die buitenste huid in ‘n oogwink word hidrolitiese ensieme mildelik geaktiveer sodat die saaier elke wortelvingers […]
Onrus op Nooitverdiend Goud
Die reuk van ou urine laat Miné na haar asem snak. Haar kop klop onophoudelik. Sy lig haar hande. Die riempies vreet aan haar polse. Sy voel hoe haar hartklop versnel. Albei haar hande is aan ʼn staalraamwerk vasgebind. ʼn Vae ligkolletjie skeur deur die dak bokant haar. Sy lig haar kop. Waar is sy? […]
Vyeblaarvryheid
#Gebedsvers Vyeblaarvryheid Dankdeurdrenk giet die more sy kalbas vol genade -‘n roospienk wolkkombers- oor ‘n verskroeide aarde. En mosterdgeloof beur bo komkommerplant En bergop triomf die druiweloot wat voed die knaend hongersnood. My velkaros maak ek U woning – ‘n land van melk en land van heuning: want u is mos Jireh Jaweh U bring […]
Eenvoudige Liefde
ń plaashuis staan op klipfondasies met geen kraak risikos die kamers is vol liefie gedagtes die sandsteenhuis gebou op die eerbare fondasies kraak skieklik uitmekaar die kamers is skielik oorvol met ander liefie gedagtes dan is dit alleen wees sonder maatjie gedagtes of kamer verbindtenis soos dié wat liefde baar my liefde is afgekeur liefde […]
Affodil blom #Brons
Affodil blom Sy lê geduldig en wag snoesig en sag gereed want sy weet as die oomblik aanbreek moet sy haar koppie deursteek en blom waar sy geplant is. Geel, oranje, rooi so so mooi waai en swaai in wind en weer niks kan haar keer want sy blom waar sy geplant is. So lê […]
Vinnig Stop
rubberwiele skuur oor swart slaggat pad elke man in sy eie staalkas oppad met ń eie nood vuil wit papier fladder teen swart stam bloekombos die plek is gemerk, as broek aftrek plek wiele knars oor gruis by die aflaaiplek dan skielik ń gesig ! wat vry vir… die venster bars tonge klap, hande gryp […]
Vlugtige Antwoorde
in ongemaklike sitplekke op nimmereindige soektogte, oppad na ander plekke in velerlei reistuie word ons vasgevang hoë energie masjiene dryf helikopter brommers en vlamgat hoog vlieg stralers voor oordonder instrumente alles, homo sapiens is op ń tegnologiese vlug in onbewuste slaap is elkeen knus in ń eie kombers dis wanneer unieke eie tegnologie beelde teen […]
Magiese hipnose -Goud
honger arms wink vraatsig terwyl die monster dreunend grom dan weer lustig luier uit donker dieptes waar magiese oë glinster… spuug hy sy wit skuim-asem na bo spikkel-wit speeksel breek ritmies teen goudkorrelsand onsigbaar hipnoties neem ek sy hand een-twee-drie sleep ons voete sku op die sluwe wrede wals van die magtige – misterieuse oseaan […]