Een oog toe
Een oog toe skaats die kruin van die golf agterna druis ‘n aardige gevolg een oog toe verkondig sy ewige troos sonder korrupsie aan‘n volk hopeloos ‘n Volk wat in vodde droë mond gaap na die motors, die huise en skone gewaad van een oog toe […]
roep
soos ‘n stem in donker nag snyend indringend onmiskenbare woorde helder sonder droom sonder skroom deurdringend onvergeetbaar woorde wat gedagtes sonder twyfel onderbreek diepsnyende wete dit is so geroepe is jy al wil jy daarteen stry jare lank onder jouself skuil verskonings fabriseer ander dinge begeer dit wil negeer […]
Namaste !!
Namaste !! wees gegroet sou jy buite my kring staan of deel in my bloed Hande biddend gevou roep immer getrou Na die eenheid wat bind wat van diep uit jou siel sy weg Na my vind Ek roep die God in jou saam sal ons glo want vlees kan nooit versoening bou […]
Vadersdag Pa gemis
VADERSDAG PA GEMIS Mis my Pa wat reeds in hemel leef vader het so daarna gestreef alles na moeder se dood verlange vir jare toe te veel My Pa nie die sterkste in die land kon hard werk met glimlag het nooit vleis braai gebrand sy stories almal laat skatterlag Dankbaar vir […]
Onpas Skoene
as een skoen skawe al is dit op een kleintoon ondermyn dit altwee voete en bring die hele lyf tot ń stilstand dus agter ontwerperkasdeure lê nuwe skoene in pare net reg vir weggooi, hulle skawe gewone voete of rek die leerskoenvel en koop ń duur ondermat is die raad vir ń gladde loop en […]
Breinrok
ń flits van lig die fluister van ń stem vlek die landskap oop, en in sagte voue van my brein stryk die gebeure my geheue en alles verweef as ń breinkleed tyd in nano sekondes bou op na millenniums wat in taferele saamsmelt, en in ons geheue verewig; of verlore raak in digitale rekords en […]
sug
soos golwe kraak en breek oor geel sand strand van my baai deinende watermassa opstu en vergaan huislose skulpdiertjies verlate op strand lê meeue krys en kras oor gruis wat ruis soutwinde waai van oor horison kragtige seereuke my omvou so vou elke nuwe lewensdag hom ongenooid knoesig om my soekende siel brand in […]
Sneeu storie
Sneeu storie (brons) Spookasem vlokkies val fluisterend soos engeltjies wat dans in die wind blink diamantjies glinster in ‘n kombers ‘n koue gladde glibberige glaskombers versiersuiker versiering as winterkoek bedekking ‘n ysmes sny deur murg en been voetspore staan versteen takkies geklee in yskristalletjies gestring met spinnerak pêreltjies. Januarie winter wonder sneeu sprokie geskenk van […]