Menswees
Wat ‘n ingewikkelde taak probeer ons dit nastreef maar Jesus alleen is volmaak leer ons om nie sleg te wees dat Hy selfs menslike vorm aanneem omdat God geweet van ons swaarkry om Ons op aard kan lei en wys sodat ons ook deel kan wees soek ons almal liefde en aanvaarding jy […]
ek – (Silwer)
in ‘n seepbel van romantiek kaats ek kortstondig my lewenskets kleurryk broos leef ek lig onversadig nederig plig-geesdriftig baldadig in vele fasette gelouter half-eeu verouder woord-flankeer ek in ster-sfeer wanneer seepbel-eindtyd aanstons (aan)breek glans vergrou en versplinter sal’k groet met ‘n wuifsoen wyd © Retha van Deventer, 11 Januarie 2025.
ob(ster)naat – (Silwer)
ob(ster)naat waar stof en roet wolkekrabbers wellustig tooi hunker ek na suiderkruis helder mooi sal ek weer klinkklaar sien hoe sterre skitterblink self-vrede wydvry pari-pasu wink kan jy my seer hart deur jou vonkellig verlei wag jou sterrehemel lokkend op my waar geraasbesoedelingtempo weergalm smag ek na maanlandskapstil se kalm sal ek weer […]
Vaderskap
Brons Vaderskap Vaderskap begin al baie lank voor ‘n kind se geboorte. Daardie dag toe jy as man jou keuse gemaak het om ‘n lewensmaat te neem, was dit nie net ter wille van seks nie, want dan is die verhouding gewaarborg om te misluk. Met die sluiting van daardie verbintenis het jy geweet dat […]
OUMA SKOP DIE EMMER ASSEBLIEF (Silwer)
Tema: `n Kerskomedie Klein Johantjie kuier vir die Kersvakansie by sy oupa op die plaas. Die Saterdagoggend gaan hy saam met Oupa dorp toe. Op pad Koöperasie toe steek Johantjie skielik vas. ‘Kyk! Oupa! Kyk daardie mooi fiets’, sê hy blinkoog van opgewondenheid. ‘Oupa, koop asseblief vir my daardie fiets vir Kersfees. ‘Ag toe O-u-p-a, […]
Ja-sê
laat jou ja, ja wees laat jou nee, nee wees algemene begrip oor leierskap is lank reeds meer gebasseer op valse vooropgestelde norms; om by goeie leierskap uit te kom is dit goed om vooropgestelde idees, uit te daag – dit kan lei tot persoonlike groei boere manlikheid boerekryger, plaasboer en jagter met sy sterk […]
Wraak
woorde word deurboor kom hul nooit akkoord met woordewisseling uitmekaar getrek op verkeerde tyd en plek gewoonlik vloei die woorde onbaatsigtig in trotse eiewaan selfsigtig verskeur en uitgewerp hinderlik die eie ek vol verwaandheid kom daar groot verdeeldheid en lê die wraak onbeperk wraak kom jou nie toe nie koester geen wrokke onverskrokke wat ten […]