Son jy het alles gesien (Silwer)
Son, jy’t geloop voor mens lewe geken het daar waar slegs skepping en jy gesien het deur die dale en dieptes was jy daar toe ons gemens het met ons lag, die trane, die groet was jy laaste om te sien en getrou geloop deur elke fase van eeue se jonge en gryse gesien […]
Ons asem bestaan
ʼn spikkelpunt ons asem bestaan in hierdie grote heelal het ons kindervoetspore vooruit met ʼn malle gejaag en los ons met oumens oë in die spieël oë kaalgesteel deur roetine en die bekende vervalle en vergaan sonder kinderlag en kinderspeel en strate en gesigte bouval in ons spikkelpunt bestaan ons toekoms onbekend en kindwees na […]
ouderdom (Goud)
die ouderdom die een wat in jou litte en in jou gebeente neerslag vind maak jonkheid van gees irrelevant dit bly vaag en onbekend tot die dag dat jy oor die wit picket fence tussen jeug en ouderdom geklim het
wagtend op die dood van ‘n ma (Goud)
om te wag terwyl die ma wat aan jou lewe geskenk het stadig uitwyk na onbekende sfere buite jou bereik laat jou smeek ten hemele… moeniedatsylynie teen kleinnag met jou insluimering verlaat haar gees die aarde en die tyding net daarna is ‘n blote formaliteit
Olive Schreiner: ’n Pionier in Literatuur en Maatskaplike Verandering.
Olive Schreiner het bekend gestaan as die vrou wat die onbekende aangedurf het vanweë haar moedige benadering tot literatuur en sosiale vraagstukke in haar tyd. Olive Schreiner het ’n onuitwisbare merk gemaak in die Suid-Afrikaanse en internasionale letterkunde met haar baanbrekende roman The Story of an African Farm in 1883. Nie net het sy die […]
Lewensreise 2486 woorde
Stadig, begin haar bewuste diep vanuit die donker newels na die werklikheid beur. Vir ‘n wyle…ís sy net niks, totaal gedisorieënteerd. Dan skop die oeroue menslike oorlewingsdrang in en haar dowwe brein raak bewus van haar omgewing. ‘n Deurdringende pyn leef in haar skedel en sy sukkel om asem te haal. ‘n Swaar gewig druk […]
Voorwaarts na die onbekende!
(Woordtelling : 874) Die mens is ʼn wese wat nogal maklik aan vrees kan vasklou, en hierdie juisste vrees is die ding wat ons keer om spontaan en ten volle te leef. Jy is bang want wat as…. Moeder het altyd gesê, “as is verbrande hout”. Op ʼn subtiele manier wou sy my leer […]
oosweer
waar woeste winde waai sand en stof op vensterbank vergaar stof-miswolke sig versper en verkeer tot stillstand bring op sandhope wat paaie versper en wegsteek lug helder oor dag verduister word in kermende rukwind wat palmbome neerbuig totale oorgawe aan kragte ver bo hul natuurlike vermoë fladderende blare stamme geboë wanneer woestyn sand, Swakop […]
Versperrings (Goud)
die sterre wink my nader op my blindelingse reis die grashalms in my hande breek soos afgebinde bande en ek vryval ver die dieptes in ek val verby my groefgreep vesting se onbewaakte deur en sien die koggelende brokke van my afgode se koppe en hul ewige genadelose grin ek gryp met afgeremde tamheid na […]
Openbaring 6 vers 6 (Goud)
Openbaring 6 vers 6 gee vir my ’n rantsoen koring vir die penning in my hand – drie rantsoene gars, Here ek het suiwer wyn gepars wanneer die laaste seël dan deur U geopen word en die berge om ons val reik my hande na U Here want my oliekan is vol […]