Namakwaland se lenteliefde
Namakwaland se lenteliefde oor jou gelyktes wat eers soos bruin papier uitgestrek lê vloei nou madeliefies oor rante wat speels slingerend rondgly ontplof ‘n lappieskombers helder van kleure en geure in die dorre land met spatsels die brandpunt van my hart dis waar jy gousblomme in oordaad oor sandsteen strooi is jou liefde vrygewig vir […]
Erfenis
die stofpad is vol klipppies hard vas in blad slote gesny deur vergete reën skerp glowies sonder ń see alles rittel die kar en alles skud buite vuil vensters wortel vas die bloekoms kleure palet die landerye ligblou hang die lug die diere pas natuurlik in teen ń vervalle wit huisie grond paaie skud die […]
Mý sintuiglike November (BRONS)
soggens metaal die oossee in blink dagsê ʼn kopergeel sonmantel kreukel sensueel oor die blou selfs wanneer skuimkuiwe soos meringue windklits streel die oseaan se misterie op my kim ontvou kleurspatsels vrugteslaai vrolik in die tuin oasekelkies waar bye met saffraanpofbroekies hommel doudruppels vergrootglas kroonblare in boepenspêrels skatte in oorvloed uit dié seisoen se trommel […]
GOD SE TUINIER
So ry mens deur die strate en die mooiste tuine is ‘n lushof vir die oog. Bome en struike wat gesnoei is , blomme kleur die prentjie pragtig in terwyl sement standbeelde nes Lot se vrou staan op die plek rus. Die gras is netjies gesny en groen terwyl die besproeing ‘n mistige sproei reëntjie […]
EK IS WAT EK IS
jy is, omdat Ek is. Is jy daarvan bewus? Aan alles gee ek lewe! My naam, bo elke naam verhewe, by die geroep van my naam, sal drumpelposte bewe! Na Ek is, word die naam van die ek verklaar gewis: Gewoonlik sal dit inperk, na iets soos ‘n werk, of iets met ‘n vlerk, of […]
GEWOEL (Brons)
Gewoel… …gevoel… Geswoeg… …nie genoeg… Is dit die emosies se gewoel? Wat brander, na brander, oor my spoel? Of ‘n eerlike gevoel? Of mis jy die doel? Geswoeg, gesweet… More is jy vergeet… Binne maak jou hart klomp draaie, hobbel hier hobbel daar, waar word stilte ervaar? Al kronkelend loop die paaie… Gejaag na wind […]
Patrys Speuder
in die plat vaal veld staan ń kind in kort vaalbroek met ń skoon gemoed in onskuld soekend na meer as veld en veilige platteland speur hy na ń gevaarliker landskap in flaprand kinderboek instruksies oor speurderskap ken jou gemeenskap al is daar min die landskap bly egter plat al die donker kolle, krotte, rivierlope […]
Skaam Saad
donker in rye met eenvormige groen stand en sade staan die mielies Monsanto parade soldate die land daarnaas lêstaan gelerige plante krullend in die son elke plant ń plakker tussen kosmos bosse gebaster of gesuiwer saad word wild gestrooi in aard min of meer dieselfde die opbrengse verskil wel baie, die werklike uitkomste egter bitter […]
my hart se taal
my hart se taal wanneer poësie uit my hart ontstaan met pen en papier of op sosiale media weet dat alle verse ontstaan uit emosie uit verlange of mymeringe uit blydskap of droefheid uit onsekerheid of vrees uit soeke of geborgenheid so deel ek my menswees, my lief en leed met dié wat net soos […]