Water van die siel
Water van die Siel Deur: Ryno du Plessis Emosies vol lewensbagasie dam in haar oë. Geen meer grasie vir enige spasie. Glimlag kan die hart se sluise nie meer verbloem, trane vind hul eie weg. So hard geveg, bly die seer maar net nie weg. Sonder klanke praat jou oë, woorde skree bewoë. Weggesteek in […]
Wingerdstok Taal
Wingerdstok Taal. Uit geskiedenis se wingerstok Groei tradisies en my taal se loot. Toe Van Riebeeck dit hier geland het met sy skip, De Goede Hoop. Van der Stel het ook ná hom gekom. Nog lote is aangeplant. En so, op ‘n sonkyn Kaapse dag Kom Afrikaans tot stand. Ryp wynrooi woorde […]
aanstons
jare kom en jare gaan elke dag en elke uur vervliet soos golwe op wit strande breek so breek die tyd oor mense wange van eerste tandekry tot laaste verloor soos minute ure word en weke verby sing so verander seisoene telkemale hul gang mense gedagtes, idees vorm en ontplooi verwagtings word werklikhede […]
Gister se baas
Gister se baas Deur: Ryno du Plessis Vandag baas, môre klaas. Waarom is jy verbaas? Dit is hoe die lewe soms blaas. Geen wiel bly altyd bo, dit kan jy maar glo. Sit in sak en as, los die lewe jou op jou bas. Groei waar die lewe jou plaas, want eintlik is hy alleen […]
Die ou op die perd
Die ou op die perd Deur: Ryno du Plessis Mooi geboude boerseun op sy perd laat vele harte onbeperk. Soos elke hart sou vou, gee sonde ook sy knou. Sou verkeerd maar net tog wou, sy mantel dra van berou. Sou jy weer aan ’n keuse moet kou, moet jy dit wel onthou: Verkeerd is […]
Los gemaal
Los gemaal Deur: Ryno du Plessis Wedstryd tussen goed en kwaad,hang die lewe aan ’n draad. Keuses word gemaak, die prys word betaal. Punte op die bord, ons kyk rond, val kere plat op die grond. Tussen goed en kwaad kies ons die swaard. Wonder jy wie gaan baat? Geloof in goed of kwaad. Volg […]
Ons Taal, Ons Erfenis (Goud)
van soggens vroeg tot saans laat, tussen biddende ouers en kinderlag staan daar ’n boom, sy naam is Afrikaans sy takke reik wyd met wortels diep op die wieke van die wind waai sy woorde in sagte suising oor gebergtes en vlaktes ritsel die hart in die ritme van ’n volk se […]
Onthou
Die ou skooltjie het stil onder sy verslete sinkdak gelê. Die dakplate het sag geklap soos die oggendwind daaroor geskuur het. Die stof het in dun strepies oor die vloer gelê. Lien het haar hande aan haar rok afgevee. Sy het gestaan en kyk hoe die kinders een vir een inskuif met kaal voete wat […]
Myne
‘n sonneblom land langs wuiwende koringlande met oranjegoud somerson wat op doringbome blom net in Afrikaans kan ek dit kraai waar boerewors op kole braai.