Lig van môre
Lig van more, waar is jou tuiste? Wanneer kom groet jy weer? Gister Se donker het kom intrek maak.Hoop het opgepak, lag het verdwyn.kommer loop deur die strate.. Tot jou koms, sal ek dans in die wind, musiek maak tot jy my kan hoor, Bring tog net ñ bietjie strale saam wanneer jy weer sou […]
Randomtalie in my kop
My kop ry rondomtalie, my hart spring soos n wilde perd. Emosies jaag my die vlak vol, los my weer by die begin…Waarheen nou. Golwe slaan hoog teen my skuit en die storm bedaar nie. Die lewe is n lied vir die wat kan sing, vir ander ñ wedstryd.. Tog is alles een groot skildery. […]
Skepe van gister
Skepe van gister Skepe van gister vertel hul eie verhaal, los n gedagte van verwondering oor wat was, die storie agter die eens lewe. Storm winde, het gewaai, die keer was daar geen beheer, geen `aanhou,geen hoop. Tog het elke wrak n verhaal,van skip tot mens, elk het ń storie agter die laaste storm. ń Gesiene […]
Eerste lig (Goud)
elke jaar kom lê soos ’n skoon dagboek voor my, bladsye bleekwit, wagtend vir my hand soms skryf ek, soms krap of teken ek – inkleur ek wat skeef begin, versier wat myne wil wees vroeë oggendlig verdryf die donker, skadu’s smelt voor weerbegin ’n geleentheid aan my gegun om my lewensverhaal weer oor te […]
Stille metgesel (Goud)
Vandag … gaan ek vergeet van my metgesel, nie omdat hy weg is nie, maar omdat ek wil LEEF! Ek maak my oë oop en dank die Vader, want ek kan nog kyk na die groen grasse in die veld Vandag … sal die kloppende pyn my nie keer al voel ek hoe dit nesskop […]
Pad na more
Pad na môre Pad na môre, is jy ook n woestyn, of is jy berg en dal? Is daar bietjte reën en koelte op jou pad? Woesynland het ek gestap, son, wind en seer.More was n vrees, wat bring die pad dan weer Maak nie saak wat jy mag bring, solank die Skepper hand my […]
nuwe horison (Goud)
soms kom daar ‘n tyd om ‘n ou-bekende horison met sy geliefde en bekende lê op die oog en in die hart agter te laat om een laaste keer daarna te kyk die toneel soos ‘n stilfliek in swart en wit te laat speel en te sien hoe elke nuwejaar ook ‘n nuwe lewensjaar was […]
herhaal (Goud)
ek twyfel soms in my digterlike weë en my vers-voetval in die poëtiese landskap… ryk en vrugbaar soos ‘n omgeploegde land dán neem ek my verse met groot omhaal onder die loep ek weeg en meet en pas die strukture van vryvers en rym ek let op bepaalde krag-maneuvers om die wisselwerking tussen verse, […]