Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2018 – Digkuns projek(Bladsy 3)

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Die blommetjies wat plate in die veld staan kosmos teen die hange in valleie op sypaadjies en tuine ‘n Strelende koel windjie speel-speel deur hul blaartjies so laf, broos unieke mengelmoes ‘n glans van ontasbaarheid Hoe perfek is hierdie opregtheid, skoonheid in herfs met hul agt kroonblare windstil die wolke soos ‘n sagte duvet van […]

’n lewe onthou en vergeet verpletterd teen ’n grys horison -in verwese plathakskoene en geskifte, gelapte oorrokkie- hang sy haar toekoms aan ’n droë tak van ‘n leë, doodse wilgerboom geknak deur spot en lekkerkryhaat en aalmoesbokse voor die skewe hekkie, kniel haar siel gebroke neer roep sy uit na ’n onbekende Heer “as U […]

Dora* se mooiste dag Dora wag tussen die ander mense. Sy wil hier wees wanneer hulle aankom. Blykbaar is hulle op pad. Haar ma se woorde van ’n paar dae gelede draal in haar gedagtes: “Jy moet vrede maak met jou lot, Dora. Daar is niks aan te doen nie want geeneen se raad het […]

BUITE REEN DIT Buite reen dit heerlik reendrippels so begeerlik klink dit op die sinkdak klink die weerlig baie hard buite reen dit drup drup klik reendrippels so begeerlik somer lente om tevier die somer is nou pas weer hier reendrippels was die blomme prag die reendrippels val so sag tuin vol bloeisels in volle […]

Dalk moet elke mens ‘n leë dam in die oë gaan kyk; een waarin vervloë se (nóú) naakte bome staan. ‘n Dam wat sonder asem is, waarin wit stof soos ‘n wasem is wat uit waterlose bodems van droë riviere slaan. Miskien moet elke mens kaalvoet teen ‘n wal afloop (een waarop jou spore in […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed