Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2018 – Digkuns projek(Bladsy 4)

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

KAAPSTAD In Suid Afrika is Kaapstad gelee een van die wêreld se sewe wonders staan tafelberg langs die blouste see met besonderse beeldskone natuur Kaap van storms met water wonders het diep in my hart en siel kom lê tafelberg se groot wit wolke kombers het sagkens oor die berg kom lê tafelberg se uitsig […]

RICHTERSVELD In die oop vlaktes van die skone Richtersveld strek die klipagtige berge rotsformasies gestapel opmekaar op hierdie verlate dorre aarde het GOD al die klippe uit die hemel gegooi in GOD se verlate vlaktes hoor jy die eggo’s van die doodse stilte Richtersveld se verlatenheid aanskou jy kaktusplante vêr uitmekaar langs twee rye rooisand […]

Wanneer jy ‘n fassinerende skulp op die strand sien blink glinsterend en weerkaatsend hou jy in werklikheid ‘n klein wonderwerk in jou hand vas Skulpe soos tulpe skulpe soos stulpe skulpe soos die siersels wat kom uit die see Dan stort ‘n brander op die strand soos ‘n beeld wat omval en breek hou ek […]

Die oggend breek met kolgansroep, ‘n hond wat blaf, ‘n duif. En daeraad se eerste lig wat skroomloos oor die oosberg skuif. O was ek maar ‘n sonnestraal wat so ligvoets oor die land kan wals: sonder huiwer, sonder bang, sonder terug verlang na dit wat was. Ek klou verbete aan my gisters vas. Kon […]

golwe doen soms snaakse dinge dit volg op maanwendings groot en klein dans hulle stakato-golwe met wit skuim op kruin saggies trek hul wit skuim strepe oor wit strande skuim wat spoedig wegsak in vergetelheid net borrels lug dui lewe aan van onder lewe wat aansteeklik en vrolik lyk salig onbewus van heerlikheid stap fiks-bewuste […]

Die kwyende halfmaan’vorm vir ‘n voeël in ‘n weggaan’vlug soos wolke in die lug vorm dit ‘n bindende element van rus en onrus In die wind se waai en wegsweef lê water in bodemlose kuile in die stilte van sagte klanke waardeur die straal van maanlig heimlik dring Van ‘n kartelende stroompie in die nag […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed