Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2018 – Digkuns projek(Bladsy 2)

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

In die sediment-lae van ʼn versteende hart het ʼn liefdessaad ontkiem, in mikro-porië wortel geskiet en hartswense bo rede gesien Immergroendrome laat blom asof die apokalips môre gebeur – die wolke met silwer randjies vergul en elke nuwe dag met hoopsglimmers verkleur… en mettertyd in versinsels se pseudo-lig weggekwyn jou liefdesson se laaste asem het […]

en die ysige aarde glinster onder tienduisend sterre waar die maan silwer skaduwees oor die sneeu strooi Die somer gaan verby ek voel hoe die rooi-geel blare onder my voete knars-knars terwyl die wind speel in my spore wanneer die winter my vind in wenende mineure in monochroom kleure voel ek hoe die koue kraak, in […]

Ek vind jou nog steeds onder bome, in skadu’s waar jou beeld somtyds rus. En ek skryf jou naam bo-aan verse; tussen woorde – waar daar leë ruimtes is. Ek hoor nog die voëls se gesange – ‘n mossie, ‘n muisvoël, ‘n duif … onthou weer die soet van seisoene; roes was die wingerd en […]

Aarde se vernietigende bestaan sy kreun en trane biggel stortend oor haar wangplooie, in die dieptes raas die valle en vloei dan weg haar hartseer-oorsaak ongekend in die melkweg se fluweel waar sy, eens, uitverkore was en geseënd oorloë het haar wees gelaat dog haar slagvelde het genees en littekens versag deur eeue reeds verby, […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed