Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember & Desember 2025 – OOP projek(Bladsy 3)

 

Beste INKers

Na aanleiding van die September projek (Orde uit Chaos) waar daar geen inskrywings in die Brons afdeling was nie, en baie min in die ander, het ek besef dat die INKers

jaareinde-voosheid ervaar. Alhoewel Oktober `n OOP projek was, het ek dit goed gedink om die res van die jaar op dieselfde trant te beweeg.

Al die projekte, November en Desember sal dus OOP projekte wees sonder enige voorskrifte.

 

Dit gee aan almal die geleentheid om hul skryfwerk persoonlik te motiveer en nie aan voorskrifte gebonde te wees nie.

Ek vertrou hierdie 2 maande van asem skep sal julle motiveer om die nuwe voorskrif-gebonde projekte in die nuwe jaar met meer entoesiasme te pak.

 

Neem asseblief deel aan die projekte in die tydperk terwyl jy die kans het om jou stem, sonder akademiese druk, te laat hoor.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
PROJEKBESTUURDER

Dit is die aand van 24 Desember 2025 in die Kalahari. Buks Appelblaar, leier van ’n groep Boesmans in die suide van Botswana; en sy mense sit om ’n gemeenskaplike vuurtjie omring deur die nostalgie van die uitgestrekte Kalahariwoestyn. Desembermaand heers daar altyd ’n onverklaarbare stilte in die Kalahari. Dit is asof die duine asemhaal […]

Die nag het soos die vlerk van ’n reuse uil oor die Kalahari gevou en die rooibruin sand van die woestyn het nog die uitmergelende hitte van die dag tussen die kontoere van sy duine vasgehou. Triljoene sterre het soos vuurvliegies aan die naghemel bokant die duine geskitter. ʼn Klein Boesmangemeenskap van die Kalahari het […]

Jare gelede toe ek en ’n jeugvriend van my, Frans du Toit, nagraadse studente in Teologiese Etiek aan die Universiteit van Suid-Afrika, (Unisa) was, moes ons ’n skripsie inhandig wat handel oor die kwessie van genadedood vanuit ’n teologies-etiese gesigshoek. Onlangse gevalle van genadedood, (soms ook “eutanasie” genoem), het my denke geprikkel om weer nou, […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed