Wonderboom
Jou takke fluister jou storie saam branders bruisend se lied al juigend, gesing deur die wind volmaakte koorsang met jou storie steeds ónbekend Jou vaalwit wortels klou dèsperaat tussen goudbruin rotsformaat jou lyf staan vas, só peraat soos ‘n standbeeld, opgerig as huldeblyk vir ‘n goeie maar onbekende daad hier verlate, alleen gelaat blý ek […]
gluur
onder sonskyn wolke gluur ek na my duin my duin is soos enige duin wat in duie stort die vreugde daarvan versteek in emosie wat ek sien aanskou ek met die oë van ‘n kind bekleed met somatiese selle van kleur en drag bekroon met dogters van die geslag van selófhad wat telkens die kortstondigheid […]
Sal jy onthou? (Goud)
My lief, wanneer jou liefde dreig om my wees te laat en die akkoorde van my digtershart nie langer teen die hange van jou siel weergalm nie, sal jý dan onthou om dit nog ’n maal in herinnering te roep sodat dit verlangend kan eggo in die gange van nostalgie waar die lokstem van ons […]
BESKERMENGEL
BESKERMENGEL Geskryf deur Fanus Strydom 1 909 woorde Angelo was geen gewone engel nie, inteendeel… Reeds sedert sy vroeë engel-kinderdae het hy tekens getoon van ongewone deursettingsvermoë en gedetermineerdheid. Maar, terselfdertyd ook van uiterste hardkoppigheid en eiewysheid. Soms het sy impulsiewe aksies en onbesonne oorhaastigheid amper gegrens aan absolute waansinnigheid! Nie een van […]
HEILIGE GEESGENOOT
HEILIGE GEESGENOOT in donkerte en lig soek ek jou alewig tydig ontydig kry jy my voor ek nog kan vra of jy my sal verduur my sal verdra sal dra in donkerte en lig soek jy my altyddeur altyd weer elke keer en vind my telkemaal betyds tydig […]
Dertien minute te laat
Dertien minute te Laat Deur Johan J van Rensburg Bronsafdeling Barend Coetzee het God se stem gehóór; én daarop gereageer. Op sewe-en- veertig leef hy sy roeping uit deur daagliks die Goeie Nuus te verkondig op ‘n plaaslike gemeenskapsradio. Hy wéét daar is sowat sewentig duisend mense wat élke dag sy stem oor die radiogolwe […]
Kom en maak my skoon
Kom en maak my skoon Deur Johan j van Rensburg Kom Here, kom maak my hart skoon sodat U veilig in my hart kan woon kom, en maak my siel sterk sodat ek gewillig net vir U kan werk My hart is nou veilig,my toekoms nou helder Want U vat my nog al hoe verder […]
My Utopia !!!
My Utopia Deur Johan J van Rensburg Gejaag na wind dis elke dag se harde werk weg van gesin verbind blydskap amper sodra verdiende vertrek. Dan gaan ons na my Utopia klaar beplan en geld gespaar ruskans weg om saam te geniet biddend dat God ons daarheen sal bewaar. Meer en See in mooie Richardsbaai […]
Hoop
Wag vir woorde wag vir jou Jy is die een met die tou Jy gee redding jy gee hoop Jy het ons almal laat doop Ons is klein en nietig en sonder wysheid U gee krag en leiding en die kompas U is geheel en al die toergids Van ons lewenspad Die klippe kleiner kap.
TYD IS GOUD
Tyd is goud my oë swaai op die skoppelmaai oor die vlaktes van my gedagtes prentjie die skadu’s van tyd skoppelmaai kind in die wind h-o-ë-r en h-o-ë-r en h-o-ë-r … in die tydsone van ons drome betree ons ’n fantasie-wêreld soos Alice in Wonderland doodgedruk het ons die wekker kindwees is sorgvry-lekker die wekker […]