Die waai van die wind
die roering van my Vader lê in die waai van die wind kan ek nie geslaap kry met die hitte wat druk nie en besluit ek om op te staan en na buite te gaan lank staan ek en betrag die stil donkerte om my heen met ligte verlangs wat brand en sterre wat so […]
Die hoenders op oom Piet se plaas
Die hoenders op oom Piet se plaas Gewoonlik is dinge baie rustig op oom Piet se plaas en verloop alles volgens ‘n goed uitgewerkte roetine. Sy diere, sy werkers en almal wat hom ken, kan getuig van ‘n lieflike en rustige atmosfeer op die plaas. Oom Piet boer nou al vir die afgelope 25 jaar […]
Pietie, ‘n verhaal vir kinders – brons
Pietie gooi sy tas in die gang neer en gaan sit voor die TV. Pietie mag nie die TV aanskakel nie, want hy is nog te klein. Daarom wag hy vir sy boetie, Chris, om dit vir hom te doen. Chris sit ook in die sitkamer, besig om te lees, maar hy steur hom nie […]
Mefiboset
Mefiboset – brons Ons lees in die Bybel die verhaal van Dawid en Jonatan. Tussen die twee het daar ‘n wonderlike liefdesband bestaan. Om die waarheid te sê, die band tussen hulle was so sterk dat daar vandag in sekere kringe selfs beweer wil word dat na hierdie verhouding as die eerste homoseksuele verhouding verwys […]
kulemet
waar ek verskuil lê sing jou note soos bye wat vinnig oppad korf toe vlieg jou gezoem-zoem gevolg deur stakato maak naderhand my gehoor dof van die plof solank ek stil lê en geen profiel toon is ek reg net een klein onbeplande armveeg of kopbeweging kan my einde beteken of my so verraai dat […]
Absoluut relatief (Goud)
In die kroniese spel van lig en skaduwee waar die môrerooi van absolute liefde (sprokiesmooi) deur wolke van wantroue agressie en vrees filtreer raak ons soms ná intense introspeksie verleë bewus dat die persepsie van liefde relatief mities verwring en meer obsoleet as absoluut is. ©Loretta Szikra Kunswerk: The First Kiss – Cupid & Psyche […]
Kaktuslewe
Dae dobber verby Soos ‘n rivier uit sy gety My lewe hang aan ‘n kaktus Met kleurlose litdorings Gepynig in gif Maar my psige Sien ‘n witomringde iris Wat sweef soos ‘n duif. ©
Ontnugtering Goud
Ontnugtering In die nag se donker ure sluip jou ysige kloue venynig pynlik deur my hart, koue slanke vingers omvou my, hou my grynslaggend, oorwinnend teen jou aan middernag drome vorm silwer spore teen die kartel van my wang, jy verslustig jou in my onbewaakte oomblik van totale nikswees, terwyl my menswees kwesbaar, […]
Vagevuur
VAGEVUUR waar woorde in die vagevuur van my dink versink vloei verse uit verbode woorde geskrewe doop ek my pen in die swart van ink druppend op perkamentrolle van die lewe in die stil donker middernagtelike ure skryf ‘n digter manifeste oor dood en lewe waar minnaars min met grenslose mate en skurke bloedoffers bring […]
Paspoort na my
Paspoort na my As my kyk in jou versink verblind jou blink my gees die letters rrrol in diep lettergrepe uit jou mond met jou oooo so bekende soutie duitse aksent mesmeriseer jy my met die enigma van jou wees op ‘n doodgewone dag het ek jou die eerste keer hoor lag die adel in […]