Koop nou jou kaartjies!
(Woordtelling 1077) Is daar ooit nog plek vir ’n sirkus in vandag se samelewing of is die doel daarvan dekades gelede reeds uitgedien? Immers is ons enigste vermaak nie meer die staat se Operahuis, spoggerige partytjies waarheen jy jou blinkste uitrusting kan aantrek, of ʼn eindelose geskinder oor ander se doel en late nie. […]
Ek is soos jy (goud)
Saans droom ek oor sterre en ‘n sewende hemel om my en jou snags slaap ek op my donker skaduweeloos in my eie hemelruim stok siel alleen bedags maak ek mense na die ek in my en die my in jou want ek is mens net soos ek is. © Mei 2023 Caren Kearley FB: […]
Dit is Manziville Goud 317 woorde
Dit is Manziville Krugersdorp. Waar die mense leef. Lewe. Laat leef. Plakkers en straatbrakke wat hier ‘n tuiste tussen ou motorbande uitsnuffel en die kinders soms honger gaan slaap. Manziville. Die wit plakkerskamp neffens Krugersdorp. Sinkplaathuisies ingeryg soos sardyne in ‘n blikkie. Stofstrate wat tussen plastieksakke en bourommel ‘n pad deur die huisies wurg. Dan […]
ʼn Legende, Tina Turner.
ʼn Legende, Tina Turner. Biografie Op 26 November 1938 word Anna Mae Bullock gebore in Tennessee. Op 24 Mei 2023 sterf die “Queen of Rock and Roll” op die ouderdom van 83. Sy staan bekend as Tina Turner, die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer wat met ʼn ster vereer is op ‘Hollywood Walk of Fame.’ Kinderjare […]
Hou moed
Met ons gaan dit soms soos ‘n groot klip deur ‘n tregter~ hoe dieper, hoe slegter tog bly ons almal vegters en ligvoets sal ons weer dans deur die lewe.
waar dissels blom (silwer)
waar dissels blom ’n blikvanger hoogs beskaafd tussen ander haar syagtige pluim ’n spoggerige pers wat bo blink en breëvlerk haar skoonheid vir haar laat werk dis eers wanneer jy te naby staan dat sy haar dorings (ongesiens) in jou slaan al die silwer glans is pure vertoon as sy nabyheid met pyn […]
Voordele en nadele
daar is geen koring sonder kaf nie by alles wat goed is is daar ook nadele met ń bossie koringare in die arms tuur sy die verte in alles was normaal die lewe het sy gang gegaan maar nietemin het daar iets gekort en haar lewe stort in duie sy was ń gewone meisie haar […]
Wat is jou opskrif?
Wat is jou opskrif? Om mense onder opskrifte ingepas te kry, is soos om ‘n spul donsvere in ‘n sak te druk. Dit wil nie lê nie, dit wil nie pas nie en alles spring die wêreld vol. En op die ou end het jy hooikoors en hoofpyn. Die opskrif op jou voorkop, is nie […]
Versoening
Almal praat so oor versoenings dag, maar weet hulle eintlik met wie moet hulle versoen, want as ek so luister na die mense, wil almal versoen met mekaar, met nasies ensomeer….maar versoening het niks met mense te doen nie, as elkeen die woord verstaan het, sou hulle presies geweet het met wie versoen moes word… […]