Resensie: Die film DIE HELE KLAS SWYG
Resensie: Die film DIE HELE KLAS SWYGResensie: Die film DIE HELE KLAS SWYGResensie: Die film DIE HELE KLAS SWYG
Die film: Die hele klas swyg
Nog altyd is in Duitsland die beheersing van die verlede ‘n magtige tema in die kuns. As ‘n film eers in die rigting van ‘n Oscar wil skeel, moet hy iewers die een of ander verbinding met die Derde Ryk kan toon. By ander pryse is die vooruitsetsels miskien nie so swaar nie, maar ‘n bietjie skinder oor die Duitse Demokratiese Republiek se verlede help tog. Buitendien kom langsamerhand soveel verhale uit hierdie twee tydspanne uitgekruip dat dit in elk geval ‘n lonende skatkis geword het vir stories wat op ware gegewens berus met die eienaardigste wendinge. Of iemand dit vir ‘n grootprys wil nomineer oftenot.
☆
[Die hele klas swyg (Das schweigende Klassenzimmer); 2017, D, Regie: Lars Kraume, met Leonard Scheicher, Anna Lena Klenke, Carina N. Wiese, Jördis Triebel, Florian Lukas, Burghart Klaußner, Michael Gwisdek e.a; 110 minute.]
☆
Twee matriekklasmaats, Kurt en Theo gaan oor die grens na Wes-Berlyn om te fliek; in die nuusprent „Wochenschau” (ontspr. „Ons Nuus” of „Movietone News”) sien en hoor hulle hoe die Hongaarse volksopstand deur die Russiese beleëringssoldate brutaal en bloedig beëindig word. Daarvan is niks in die DDR-nuusberigte te sien of lees nie.
Hulle oortuig die ander klasmaats dat hulle ‘n teken van solidariteit moet bring. Hulle gaan ‘n swygminuut vir die slagoffers hou. Alles is afgestem en diegene wat daarteen is, speel saam – juis in die geskiedenisles, eerste periode, Maandag. Die onderwyser weet nie wat om te doen nie en rapporteer dit by die prinsipaal wat geneig is om dit as kinderspeletjies te laat deurgaan. Maar gou genoeg het ander onderwysers snuf in die neus gekry, en netso gou is die minister onderweë om te keer dat ‘n „konterrewolusie” plaasvind. En van daar aan eskaleer die storie, tot die bevoegde beampte ‘n verbod op alle lede van die klas oplê waarby geen een van die kinders êrens in die Republiek ooit matriek sal kan aflê nie. En die kind wat ‘n partylid „Nazi” genoem en geskiet het. . . En dan nog die gesinne bestraf.
☆
Die regisseur, Lars Kraume het al ‘n film oor die eerste jare na die oorlog in die Bondsrepubliek gedraai, Der Staat gegen Fritz Bauer, waarin „oud-Nazis” op hoë poste agternagesit word, en nou kom ‘n film oor die DDR waarin dit skyn asof menige oud-Nazis ook daar sulke belangrike poste in die stelsel ingeneem het – en as getroue partylede geld.
Hier en daar moes verandertjies gemaak word om die rolprent „te laat rol”. Name is verander; eintlik het die gebeurtenisse in Storkow plaasgevind, maar die plattelandse dorp is sedert die tyd geheel en al verander, selfs die skool is omgebou, dus het hy Stalinstadt gekies as agtergrond vir sy film – vandag Eisenhüttenstadt – waar nog heelwat van die ou argitektuur bly staan het. Ook die karakters kry ander name, waarskynlik om moontlike verluimdingsake te vermy, neem ek aan.
Regisseur Kraume, gebore 1973 ná die bou van die skeidingsmuur in die sestigs, het interesse in die DDR ontwikkel toe hy na die wende (1989) na Wes-Berlyn getrek het, toe ontdek hy dat juis daar wêrelde opmekaar bots en het gewonder, wat kan daar anderkant aan die gang gewees het. Hy het die optekenings van een van die deelnemende skoliere as basis vir sy film gehad: Dietrich Garstka, wat dan daaruit ’n boek gemaak het. ‘n Nugterne, saaklike berig.
In die VSA protesteer die skoolkinders hardop teen die wapen-malheid – dit maak die film verbasend aktueel, sê Walli Müller in NDR-online. Dis waar.
Iemand het gevra, of die Duitsers films kan maak. Dit kan hulle, ja.
Vyf sterre.
2e.Mei2018….☆☆☆☆☆…………………tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.