Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
Steurnis hier binne my…..(Opgedra aan ‘n jong meisie)
Innerlik voel ek die vuil in my ek was en was en was trane biggel oor my wange dood het hier binne kom lê Ek wil uit dit kom maar hoe die vuilis met sy kloue het rondgetas my selfbeeld diep geknou, vreesaanjaend Met leuens het jy gekom my in jou swetterjoel ingetrek, jou beeld […]
Gebreekte stukke
Die een se slinger spoor word dof tot waar dit wegloop in die stof soos koeӫls plof die reӫn druppels neer Die winde hoes gebreekte stene en sinkplate dans in die strate blomme leef in ‘n plastiek pot die wӫreld is ‘n gekraakte dop Dis die lewe, dis hoe dit werk sonder wind wat golwend […]
Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
BOKKIE DIE KARWAG
OKKIE DIE KARWAG Bokkie was jou naam sonder eer of faam hang jy siek aan jou raam hande vou jy saam Honger knaag vir net ‘n stukkie brood en iets om te drink ‘n barhantige samaritaan kom verby en vat jou saam Waardig in jou laaste dae is daar vir jou gedra Deur ‘n hand […]
Stofberg – ń Lappie dorre aarde
Mamma was slegs vyftien die jongste skaars twee tussenin nóg sewe wat ouma kos moes gee. Oupa het haar nagelaat met nege monde om te voer op ń plaas wat smag na water moes sy alleen op boer. Soos die watervlak gedaal het het armoede gestyg met ń tweeskaar ploeg het sy deur wintersknou en somer […]
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK Drie tale kan ek praat en skryf – taamlik goed, as ek my ‘n bietjie selflof mag bedien – naamlik Afrikaans, Duits en Engels; met Fanagalo kan ek waarskynlik genoeg raadbraak om my juis onverstaanbaar te maak. Maar teen Kåmpioeterspraak kom ek nêrens aan nie. En besonders as mense met my […]
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL Ek maak kapsie teen allerlei modes en modetjies: Die datum verkeerdom skryf: Wanneer is (of was) 02/04/06? En 06;02;04? En 04.06.02? (Een van die kombinasies is my verjaarsdag, maar welke?) Wie het hierdie onsin die volk aangebind? Is dit alweer ‘n versoek om die neo-liberalistiese afgode te paai? ☼ Die maande […]